Laeveld
Agrochem

Optimaliseer sojaboon- en sonneblomproduksie (Philagro)

Jaco Marais
Produkbestuurder

ENDOMAXX® optimaliseer jou sojaboon- en sonneblomproduksie deur die werking van mikorisa.

Sojabone en sonneblomme is van Suid-Afrika se belangrikste somergewasse en word jaarliks in verskeie dele van die land verbou.

Volgens die Oesskattingskomitee-syfers het die nasionale sojaboonaanplantings van 827 100 ha gedurende 2021 vermeerder tot 925 300 ha in 2022. Dit reflekteer ’n 10,7% toename jaar op jaar. Die nuutste vooruitskatting tydens publikasie van hierdie artikel dui op ’n verdere toename in sojaboonaanplantings van tot en met 19,5% na 1 148 300 ha vir 2023. Alhoewel sonneblomaanplantings van 2021 met 33,3% na 670 700 ha in 2022 vermeerder het, word ’n effense daling na 555 700 ha in aanplantings vir 2023 verwag.

Verskeie uitdagings staar sojaboon- en sonneblomprodusente in die gesig, naamlik hoër insetkoste (bv. kunsmis, brandstof, saad en landbou chemie), klimaat- en omgewingsfaktore, die huidige energiekrisis, hoë rentekoerse asook sosio-ekonomiese onsekerhede. Tog is daar faktore wat geleenthede bied. As voorbeeld: met meer as die helfte van die wêreld se sonneblomproduksie wat uit Rusland en Oekraïne spruit, het die oorlog ’n beduidende impak op globale voorsiening.

Met ’n rigiede landbousektor wat wêreldwyd mededingend is, is die Suid-Afrikaanse produsent in ’n voordelige posisie m.b.t. gewasproduksie a.g.v. verhoogde aanvraag en kompeterende gewaspryse (Figuur 1). Die potensiaal rondom nuwe uitvoermarkte na die Ooste wink ook vir produsente wat hierdie markte wil betree.

In terme van provinsiale verbouing, word die top drie provinsies vir beide sojabone en sonneblomme in Tabel 1 uiteengesit.

Verhoging in gemiddelde sojaboon- en sonneblomopbrengste is vir die produsent van kardinale belang, nie net om aan die aanvraag te voorsien nie, maar om dit koste-effektief te maak met mededingende inkomste-potensiaal in vergelyking met ander rygewasse. In beide gewasse se geval kan die belangrikheid van ’n goeie en konsekwente gemiddelde opbrengs per hektaar nie onderskat word nie.

 Philagro Suid-Afrika, ’n affiliaal van Sumitomo Chemical, Japan, het ’n passie om waarde aan die produsent te bied en ’n bydrae te lewer tot volhoubare landboupraktyk in lyn met die beskerming van die omgewing.

As gevolg van die knellende behoefte vanaf sojaboon- en sonneblomprodusente aan  reregistreerde insette om gemiddelde opbrengs te verbeter, is Philagro SA besig om oplossings te ontwikkel en in plek te stel.

Een van die oplossings wat kommersieel aangebied word is EndoMaxx®, en bestaan uit vier gespesialiseerde endo-mikorisa swamspesies. Deur die gebruik van hierdie seleksie van mikrobes word effektiwiteit oor ’n diverse reeks verbouingsisteme en omgewingskondisies verskaf.

 Die mikorisa in EndoMaxx® vorm ’n simbiotiese verhouding met die wortelsisteem van gasheerplante en verleen ondersteuning deur verbeterde beskikbaarheid en opname van nutriënte en vog, wat buite die bereik van plantwortels is, asook verbeterde grondstruktuur-eienskappe in die wortelsone. Toegang tot vog mag gedurende die komende seisoen in verskeie areas krities wees a.g.v. droër klimaatstoestande wat voorspel word en droogtestres op gewasse tot gevolg kan hê.

Uit jare se ontwikkelingsdata wat met goedgegronde wetenskap en goeie landboupraktyk gegenereer is, kom die opbrengsvoordele duidelik na vore wanneer EndoMaxx® op sojabone en sonneblomme aangewend word (Figuur 2 en 3)..

Die geregistreerde dosis van 10 g/ha is van toepassing en is op sonneblom 10 tot 20 gram. EndoMaxx® se vermoë om sojaboon- en sonneblomopbrengste te verhoog, bevredig die behoefte van produsente om die gewas se gemiddelde opbrengstoename te vermeerder en beteken aansienlike waardetoevoeging tot die produsent se inkomste.

Bykomend tot die finansiële bydrae wat EndoMaxx®-toediening lewer, is die mikorisa spesies wat in die formulasie vervat word, essensieel tot die verbetering van grondgesondheid en dra dit noemenswaardig by tot ’n algehele grond-gesondheidstrategie.

Vir meer inligting, besoek www.philagro.co.za.

EndoMaxx® (Reg. nr. M200, Wet nr. 36 van 1947), bevat Arbuscular Mycorrhizal Fungi (Rhizophagus irregularis (5 625 propagules/g), Claroideoglomus luteum (5 625 propagules/g), Claroideoglomus claroideum (5 625 propagules/g), Claroideoglomus etunicatum (5 625 propagules/g).

RAADPLEEG DIE PRODUKETIKET VIR VOLLEDIGE GEBRUIKSAANWYSINGS EN BEPERKINGS. EndoMaxx® is ’n geregistreerde handelsmerk van Mycorrhizal Applications LLC, Grants Pass, OR, VSA. Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk l Reg. nr.: 98/10658/07. PostNet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif 0040. Pretoria: 012 348 8808 l Somerset-Wes: 021 851 4163.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.