Laeveld
Agrochem

Poli-tegnologie van MBFi

Cloete Rossouw en
S.B. Coetzee

Wanneer daar van polimerisasie gepraat word, is plastiekproduksie of die deksel van die Tupperware kosblik wat in die kas lê, die eerste gedagte wat by jou opkom. In die landbouindustrie word dieselfde tegnologie en metodes gebruik om die produk te vervaardig, maar die tipe rou materiale verskil van die plastiek en petrochemiese-industrie. Die eindresultate van die polimeriseringsproses lewer ’n produk wat se effektiwiteit merkwaardig verander.

Polimerisering

Die proses van polimerisering bevat energieke reaksiekinetika waar die reaksietemperature meer as 150 oC  kan bereik. Die proses benodig ook gespesialiseerde toerusting om die koördineringschemie versoenbaar te maak.

In die geval van MBFi se poli-tegnologie staan hierdie toestel beken as die kruispypreaktor. Die proses word deur die volgende figuur verduidelik aan die hand van MBFi se Poly-K-Phos as voorbeeld

Volgens Figuur 1 word twee afsonderlike strome reagense, fosforsuur en kaliumhidroksied, deur middel van die kruis pypreaktor aan mekaar gebind om die gepolimeriseerde produk te vorm.

Die proses werk in kort soos ’n ritssluiter wat elke molekule op sy regte plek invoeg om die polimeerketting te vorm deur ’n langer fosforruggraat te bou met die kalium wat op die “sytakke” vasgebind word. So ’n polimeerketting lyk soos volg:

Figuur 2: Lineêre kalium polifosfaatketting.

Wat is die voordele van ’n gepolimeriseerde produk?

  1. Die produk is meer stabiel en minder vatbaar vir omgewingsfaktore wat die produk kan laat vervlugtig of afbreek.
  2. Die produk is meer opneembaar deur die plant omdat die ladings van gepolimeriseerde produkte geneutraliseer word en daarom word dit nie deur die blare of stomata vasgehou Die produk is langer beskikbaar vir die plant om op te neem en die kans vir fitotoksisiteit word verlaag danksy die stadige vrystellingseffek van die poli-tegnologie

Resultate uit die veld

Figuur 4 dui die data aan wat deur ’n proef neming gegenereer is in die omgewing van Delmas (MP) gedurende die 2017/2018 seisoen om die waarde van Poly-K-Phos vir ons groeiers te wys op sojabone.

Die proefbespuitings word soos volg verdeel: A is met planttyd, B is op V4-stadium, C is op V8-stadium en D is met R1. Die mengsel wat gebruik was is N:0, P:1, K:1. Uit Figuur 4 word daar bevestig dat K en P belangrike elemente is in die verbouing van sojabone.

Deur gebruik te maak van konvensionele behandelings verhoog die oesopbrengs met 229.5 kg/ha. Met die gebruik van ’n K- en P-blaarvoeding word gesien dat daar verhoogde opbrengs plaasvind met die toediening van die helfte K en P met plant.

Die hoogste opbrengs was behaal deur 100 kg/ha O:1:1-mengsel met planttyd toe te dien en 20 L/ha Poly-K-Phos met V4 en V8 toe te dien (40 L/ha in totaal). Die opbrengs verhoging was 500.8 kg/ha in totaal.

In Tabel 1 word verwys na die voordele van Poly-K-Phos op appels. Die proef is in Ceres op Cripps Pink appels gedoen in die 2021/2022 seisoen om die waarde van Poly-K-Phos aan die interne kwaliteit en egalige vrugteverkleuring te meet. Twee bespuitings van die produkte was 21 dae uitmekaar uit toegedien in die boorde. Uit die resultate onder kan gesien word dat waar Poly-K-Phos toegedien was, meer egalige kleurbreuk gevind was 14 dae na aanwending met ’n groter meerderheid vrugte wat in klas 5-10 kleurkaarte was (18 vs. 7) vir 250 ml/100 L en ’n meer geleidelike kleurverandering wat na 14 dae gesien kan word met 500 ml/100 L op 14 dae na aanwending (13 vs. 14). Poly-K-Phos het ook ’n toename in vrugsuikerinhoud met suikerinhoud wat van 13.7 in die onbehandelde kontrole gelig het na 14.6 en 14.2 vir die 250 ml/100 L en 500 ml/100 L dosis van Poly-K-Phos.

MBFi se reeks gepolimeriseerde produkte

Poly-K-Phos is ’n kalium- polifosfaat-mengsel.

  • Wateroplosbare, vloeibare kalium en
  • Fosfor (P) 72.0 g/kg 98.6 g/L.
  • Kalium (K) 139.0 g/kg 190.4 g/L.

SBF555 is ’n vloeibare kaliumpolifosfiet-mengsel.

  • Wateroplosbare sistemiese swamdoder vir
  • Kaliumpolifosfiet 555 g/L.
  • Fosforigsuur gelykstaande 350 g/L.
  • Bevat

x-Treem N is ’n gepolimeriseerde stikstofmengsel

  • Wateroplosbare vloeibare
  • Stikstof (N) 6 g/kg 300.0 g/L
  • Magnesium (Mg)
  • 18.3 g/kg 23.6 g/L
  • Swael (S) 24 g/kg 0 g/L

Figuur 5 dui die data aan wat deur ’n proef neming gegenereer is in die omgewing van Suurbraak (Wes-Kaap) gedurende die 2014/ 2015 seisoen om die effektiwiteit van die poli-tegnologie van SBF555 uit te lig teenoor mededingerprodukte.

Die grafiek op aartappels druk die data uit aan die hand van die erns van die infeksie in persentasie. Daar kan gesien word uit die data dat deeglike beheer oor die infeksie uitgeoefen word deur alle behandelings. Konstante onderdrukking word waargeneem vanaf 3 L/ha SBF555 met die beste onderdrukking van 6 L/ha SBF555 en

4 kg Mankoseb per hektaar. Die totale infeksie met geen behandeling aan die einde van die seisoen, was 78.5%, waar die behandeling met bogenoemde kombinasie dit kon onderdruk tot en met 9.75% infeksie.

Figuur 6 dui die data aan wat deur ’n proefneming gegenereer is in die omgewing van Bethal (MP) gedurende die 2015/ 2016 seisoen om die waarde van die poli-tegnologie in X-Treem N vir ons groeiers te wys op sojabone.

Figuur 6 toon die behandeling wat oral op R5.1- stadium toegedien was, behalwe vir X-Press MoB wat op R1 was. Uit die data word ’n toename in opbrengs aangeteken van 578.27 kg/ha deur  X-Treem N teenoor ander stikstofbronne.

Vanuit die data word die afleiding gemaak dat die gebruik van poli-tegnologie verhoogde opbrengs sowel as verhoogde onderdrukking deur die produkte bewerkstellig. Die poli-tegnologie stel MBFi se produkte in staat om meer effektief te werk te gaan met die verrigting van hul take om op die ou einde die beste moontlike resultate vir die produsent te lewer. Dit bly die primêre doel van MBFi en MBFi se poli-tegnologie.

SBF555 – Reg. Nr. L10835 Act 36 of 1947; Poly-K-Phos – Reg Nr. K10932 Act 36 of 1947; X-Treem N – Reg Nr. K7889 Act 36 of 1947.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.