Laeveld
Agrochem

Rek jou rand met Philagro SA sitrus plantgroeireguleerders

Jakkie Stander
Produkbestuurder

ProGibb® – wêreldleier PGR vir sitrus oesmanipulasies

ProGibb® (Valent Bioscience LLC, VSA) is ʼn spesiaal geformuleerde produk wat gibberelliensuur (GA3) as aktiewe bestanddeel bevat en word gebruik om vrugset te verbeter, kraakskil te beperk en help om vrugte langer aan die boom te hou sonder dat kwaliteit benadeel word. Dit is die voorkeur GA3 en bewese markleier. ProGibb® is geregistreer vir meer as 50 gebruike op ʼn verskeidenheid gewasse in die VSA.

Beter vrugset beteken groter oes

Blaarbespuitings van ProGibb® by blomblaarval is ʼn goed ontwikkelde bestuurspraktyk in sitrus om vrugset te verbeter (Figuur 1). (1;2;3;4) ProGibb® voorsien die blom van GA3 wat vrugset, veral in selfonverenigbare en swak partenokarpiese kultivars, verbeter.(5;6;7)

Navorsing op Clementine bewys dat GA3– behandelde vruggies vinniger seldeling ondervind, meer sellae bevat en die vrugbeginsel swaarder weeg as ʼn onbehandelde vruggie.(8) Vorige studies het bewys dat GA3 nie net vrugset verbeter nie, maar ook vruggewig verbeter as gevolg van versnelde vervoer van meer minerale na die vruggie.(9) Meer onlangs is bewys dat GA3 in Valencia, in die VSA, in drie uit vier seisoene vruggrootte verbeter het, ten spyte van verbeterde vrugset.(10) ʼn Vrugsetstrategie moet egter gerugsteun word deur ʼn goedbeplande bemestingstrategie (meer hieroor later in die artikel).

Opbrengs op belegging

Daar is altyd ʼn persepsie dat ʼn ProGibb®– vrugsetbespuiting duur is. Met die gebruik van PGR’s moet daar eerder gekyk word na die koste per karton i.p.v. koste per hektaar.

Onlangse proewe het bewys dat die koste tot opbrengs-op-belegging (“ROI”) van ʼn eenmalige ProGibb®-bespuiting kan wissel van 1:14 in Satsuma mandaryne en 1:27 in Nadorcotts. Anders gestel, a.g.v. verhoogde set en minder vrugval, wissel die opbrengsvoordeel van elke R1 000 spandeer aan ProGibb® van R14 000 tot R27 000 per hektaar. Waar ProGibb® nie gespuit is nie, verloor die produsent die potensiële opbrengsvoordeel.

ProGibb®-voordeel verdun ander insetkostes

ProGibb® bied ook ʼn ander belangrike voordeel, nl. die subsidiëring van die kostes van ander boordproduksiepraktyke. Afgesien van plukkostes, bly produksie insetkoste soos pesen plaagbeheer en bemesting onafhanklik van oeslading. Insek- en patogeen-druk moet bo ʼn spesifieke drempelwaarde behandeling kry, ongeag van vrugset.

Met ʼn aanname van ʼn konstante produksiekoste per hektaar, kan ʼn produsent met ʼn verbetering in produksie deur middel van ProGibb®, sy produksiekoste per karton vrugte verkoop, verminder (Tabel 1). Daardie besparing kan gebruik word om uitpak persentasie te verbeter met Philagro SA se bewese sitrus produkreeksa

 Corasil® P: ʼn Noodsaaklike produk in moderne sitrusproduksie

Corasil® P (Nufarm S.A.S) is ʼn welbekende en bewese PGR wat sitrusprodusente kan gebruik om vrugte chemies uit te dun, of om vrugte slegs te vergroot, sonder uitdunning. (11;12;13)

Corasil® P bevat dichlorprop-P as ʼn fenoksieouksien en die effek op uitdunning kan minder aggressief wees as ander ouksien-tipe uitdunningmiddels. Wanneer op die korrekte stadium toegedien, word die produk se positiewe effek op vruggrootte grotendeels verkry deur direkte stimulasie van vruggroei deur selvergroting. Corasil® P is tans die enigste sintetiese ouksien wat geregistreer is vir die verbetering van vruggrootte op laat mandaryne soos Nova, Mor en Nadorcott (Figuur 2), en daar is geen alternatief vir Corasil® P in pomelo’s nie. Corasil® P het ʼn korter weerhoudingsperiode (slegs 90 dae) en word vroeër toegedien, wat die risiko vir minimum residuvlakke (MRL) oorskryding verminder, veral vir kultivars wat vroeg gepluk word of produksie-areas wat vroeg begin oes.

Byvoordele van Corasil® P se effek op uitdunning en/of vruggrootte

Indien Corasil® P vroeg gespuit word, het dit die potensiaal om kleiner vruggies wat onbemarkbaar gaan wees, vroeg af te speen en van die boom te verwyder. Indien die vruggies nie uitgedun word nie, bly dit aan die boom en kompeteer dit met vruggroei. Die klein vruggies moet vroeër óf met die hand uitgedun word, óf dit word ge-oes met duur arbeid en word weggegooi by die pakstoor.

Figuur 2: Corasil® P is ʼn bewese produk wat optimale vruggrootte en vrugtellingverspreiding van sitrusvrugte verseker

Gebruik PGR’s verantwoordelik – rentmeesterskap

Produsente word herinner om nie PGR’s ongeregistreerd te gebruik nie (CRI snykant nr. 349). Die gebruik van ongeregistreerde produkte soos onkruiddoders as vrugvergroters en uitdunmiddels is onwettig.

Die huidige geregistreerde sintetiese ouksiene is spesiaal geformuleer om toegedien te word op sitrusbome sonder enige risiko. Wanneer dit in ander formulasies geregistreer is, is dit spesifiek geformuleer om die aksie te hê waarvoor dit geregistreer is en op daardie spesifieke gewas, soos goedgekeur deur Wet 36 van 1947, bv. as ʼn onkruiddoder.

Wanneer Corasil® P laat gespuit word, het dit die potensiaal om die gemiddelde vruggrootte van die totale oes te verbeter, sonder uitdunning. Groter vrugte is vroeër ryp, vrugte kan dus vroeër en vinniger ge-oes word, maak meer kartonne vol en subsidieer produksiekoste van die totale blok.

Kartonne van klein en groot vrugte het dieselfde dimensies en gewig en is onderhewig aan dieselfde verskepingstarief, maar minder groot vrugte is nodig om ʼn karton te vul, en die waarde van ʼn karton met groot vrugte is baie hoër.

Verwysings:

1. El-Otmani, M., Coggins, C.W., Agustí, M. & Lovatt, C.J. 2000 Plant growth regulators in citriculture: World current uses Current Rev. Plant Sci. 19. 395-447.

2. Goldschmidt, E. E., Harpaz, A., Gal, S., Rabber, D., Gelb, E. 1992. Simulation of fruitlet. Thinning effects in citrus by a dynamic growth model. Proc. Intl. Soc. Hort. I, 515-519.

3. Gambetta, G., Gravina, A. Fasiolo, C., Fornero, C., Galiger S., Inzaurralde, C., and F. Rey. 2013. Selfincompatibility, parthenocarpy and reduction of seed presence in ‘Afourer’ mandarin. Sci. Hortic., 164. 83-188.

4. Monselise, S.P. 1977. Citrus fruit development: Endogenous systems and external regulation. Proc. Int. Soc. Citricult. 2: 664–668.

5. Goren, R. 1993. Anatomical, physiological, and hormonal aspects of abscission in citrus. From: Horticultural Reviews. Vol. IS. pp.14S-182. John Wiley and Sons Inc., N. Y.

6. Krezdorn, A.H. and Jernberg, D.C. 1977. Field evalutation of growth regulators for fruit set. Proc. Inti. Soc. Citriculture 2: 660-664.

7. Talon, M., F.R. Tadeo, W. Ben-Cheikh, A. Gomez-Cadenas, J. Mehouachi, J. Pérez-Botella, and E. Primo-Millo. 1997. Hormonal regulation of fruit set and abscission in citrus: Classical concepts and new evidence. Acta Hort. 463:209-217.

8. Mesejo, C. R. Yuste, C. Reig, A. Martínez-Fuentes, D.J. Iglesias, 2016. Gibberellin reactivates and maintains ovary-wall cell division causing fruit set in parthenocarpic Citrus species. Plant Science 247, 13-24.

9. Garcia-Martinez, J.L. and M.A. Garcia-Papi. 1979. Influence of gibberellic acid on early fruit development, diffusible growth substances and content of macronutirents in seedless Clementine mandarins. Scientia Hort. 11:337-347.

10. Vashisth, T. and Dewdney, M.M. 2020. Gibberellic acid: Increase fruit size and yield, reduce drop. Citrus Industry 101(9): 20-23.

11. Koch, N. C. 1995. Studies on the improvement of mandarin fruit size. MSc Thesis, University of Stellenbosch, RSA.

12. Rabe, E., N. Koch, and K. Theron. 1995. 2,4-DP (Corasil E) improves Clementine mandarin fruit size. Citrus Journal. 5:27-30.

13. Tuwana, S.W. 1999. Factors Affecting Fruit Size and Quality in Citrus Species. MSc Thesis, University of Stellenbosch, South Africa.

Besoek www.philagro.co.za vir meer inligting. LEES DIE ETIKETTE VOOR GEBRUIK.

Corasil® (Reg. nr. L8441, Wet nr. 36 van 1947) bevat 25 g/se/L dichlorprop-P (as 2-etielheksiel ester).

GHS (seinwoord): Gevaar. GHS Gevaarverklaringsterme: Mag dodelik wees indien ingesluk en in lugweg beland. Veroorsaak velirritasie. Veroorsaak ernstige oogskade. Mag slaperigheid of duiseligheid veroorsaak. Mag lugwegirritasie veroorsaak. Giftig vir waterlewende organismes met langdurige gevolge. Corasil® P is die geregistreerde handelsmerk van Nufarm S.A.S. Nufarm Agriculture (Edms) Bpk. Reg. nr. 1994/06588/07. Eldo Close 6, Eldo Park, Eldoraigne 0157. Tel: 012 658 5869.

Besoek www.philagro.co.za vir meer inligting. LEES DIE ETIKETTE VOOR GEBRUIK.

ProGibb® 4% (Reg. nr. L5118, Wet nr. 36 van 1947) bevat 32 g/L gibberelliensuur (GA3). GHS (seinwoord): Gevaar.

GHS Gevaarverklaringsterme: Hoogs vlambare vloeistof en damp. Veroorsaak ernstige oogirritasie. Mag slaperigheid of duiseligheid veroorsaak. ProGibb® 40% (Reg. nr. L6777, Wet nr. 36 van 1947) bevat 400 g/kg gibberelliensuur (GA3). GHS (seinwoord): Waarskuwing. GHS Gevaarverklaringsterme: Skadelik indien ingeasem. Veroorsaak oogirritasie.

ProGibb® 4% en 40% is die geregistreerde handelsmerke van Valent BioSciences, VSA. Philagro South Africa (Edms.) Bpk. (Inkorporeer Valent BioSciences) Reg. nr. 1998/010658/07, PostNet Suite #378, Privaat sak X025, Lynnwoodrif 0040.

Tel: 012 348 8808 / 021 851 4163.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.