Laeveld
Agrochem

Saadbeskerming ontsluit sojaboonsukses (Syngenta)

Deur Hanlie Geldenhuys
Navrae: Stefan van Zyl: stefan.van_zyl@syngenta.com
Syngenta

Sojabone is die ideale wisselbougewas vir mielies in Suid-Afrika. Verbouing is egter nie ’n geval van plant vandag en lag môre al die pad bank toe nie, veral omdat soveel uiteenlopende faktore die grootte en kwaliteit van ’n sojaboonoes beïnvloed.

Saadkwaliteit, groeikragtigheid, plantdatum, plantestand, wisselvallige reënval, saad se simbiotiese verhouding met stikstofbindende bakterieë en die impak van grondgedraagde patogene vroeg in die seisoen tydens planttyd, is alles uitdagings wat probleme vir produsente kan veroorsaak.

’n Groot deel van soja se opbrengsgeheim lê in die saad opgesluit, beide in terme van hoe die saad behandel én hanteer word voor dit geplant word. Behandeling en hantering het ’n direkte impak op hoe vinnig en hoe eweredig (gelyk) die saad opkom, die twee faktore wat volgens Randy Dowdy, Amerika se sojaboonopbrengskoning, die sleutel tot rekordopbrengs is1.

Dowdy se wêreldrekord-sojaboonoes staan op amper 13ton/ha. Daarteenoor is Suid-Afrika se beste opbrengs die 6,25ton/ha op besproeiingslande wat in die Weeg-en-wenkompetisie aangeteken is2.

Sojaboonsaad word fisies maklik beskadig omdat die embrio nie, soos in die geval van mielies, deur die endosperm beskerm word nie. Die dun saadhuid wat tussen die embrio en patogene staan, kan maklik kraak wanneer ’n sak saad val, of oordragsaad met die verkeerde toerusting skoongemaak of behandel word. Patogene kan dan die saad infekteer en swak ontkieming veroorsaak3.

Beskadigde saad ontkiem tussen 5% en 7% swakker as gesonde saad, en tussen 15% en 20% van saad kan gewoonlik afgeskryf word as gevolg van beskadiging. Wanneer produsente hul ideale plantestand beplan, moet hulle dus voorsiening maak vir beskadigde saad.

Die ideale plantestand word druk bespreek, maar is nog nie vasgepen nie. Tot redelik onlangs is stande van tussen 320 000 tot 370 000 plante/ha aanbeveel, afhangend van rywydtes. Die nuutste navorsing dui egter op 200 000 tot 240 000 plante/ha vir plantdatums voor 15 November en 250 000 tot 300 000 plante/ha vir later aanplantings. Interessant genoeg is daar ook al bewys dat stande van so laag as 150 000 plante/ha ’n goeie opbrengs kan lewer alhoewel dit ’n hoë risiko kan inhou. Hoe laer die plantestand, hoe belangriker is saadbehandelings, veral wanneer swak groeitoestande vroeg in die seisoen voorkom.

Kwaliteit saad benodig drie faktore om optimaal te ontkiem, naamlik, die regte hoeveelheid grondvog, temperatuur hoër as 16°C en genoegsame suurstof.

’n Sojaboonsaad moet minstens 50% van sy eie saadmassa in vog opneem voor dit sal ontkiem, vergeleke met die 30% van mielies. Produsente moenie plant as koue- en nattoestande vir die volgende 48 uur voorspel word nie, aangesien stadige ontkieming swak saailinge tot gevolg het wat, soos ’n boepenskalf, nooit iets kan beteken nie.

Onder ongunstige omstandighede, soos versuiptoestande, is ontkieming swak en groei die saailing stadig. Dit veroorsaak dat die plantjie langer onder die grond bly en dus langer aan skadelike faktore, veral grondgedraagde siektes, blootgestel is. Die groot sondebokke, Pythium spp. en Fusarium spp., veroorsaak saadverrotting en -verwelking. Die twee patogene se simptome kom grootliks ooreen en is moeilik om van mekaar te onderskei. Die geheim is egter dat Pythium spp. koue- en nattoestande verkies, terwyl Fusarium spp. warm- en nattoestande benodig voor siektesimptome ontwikkel.

Aangesien ’n sterk sojaboonsaailing sy twee saadlobbe vinnig deur die grondoppervlak kan stoot, is dit maklik om uit die oog te verloor dat sojaboonsaad uiters kwesbaar is en met sorg hanteer en behandel moet word. Die goeie nuus is egter dat sojaboonsade nie aan hul eie genade uitgelewer is nie.

Syngenta se APRON® Plus Beans is ’n saadbehandeling wat ’n groot rol kan speel om sojaboonsade vinniger en meer eweredig te laat opkom deur sade en saailinge effektief teen die mees algemene grondgedraagde patogene in alle grondtipes, te beskerm.

Bestaande uit ’n kombinasie van die swamdoders APRON® XL en CELEST® XL, word hierdie sistemiese saadbehandeling vinnig deur die saad en wortels opgeneem. Die middel beweeg opwaarts in die saailing en beskerm die hele plantjie totdat hy gevestig is.

Die resultaat van stewige wortelstelsels en groeikragtige saailinge wat vinnig en eweredig opkom, is ’n goeie plantestand wat die grondslag vir ’n hoë opbrengs lê. Vir suksesvolle plantvestiging is daar ’n enkele eenvoudige resep: APRON® Plus Beans. Begin sterk om sterk te eindig en ’n goeie oes te verseker!

  1. https://www.farmweeknow.com/profitability/yield-kings-divulge-keys-to-growing-record-crops/article_
    78a100cc-59c4-11ea-a9fc-3fba3021cd3d.html
  2. https://sagrainmag.co.za/2020/02/25/opbrengskompetisie-kry-nuwe-baadjie/
  3. https://www.canr.msu.edu/news/handle_soybean_seed_carefully

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.