Laeveld Agrochem het die voorreg gehad om saam met die Afrikaans is Groot-produksiespan by die pragtige The Woodpecker Inn tuis te gaan, ’n rustige toevlug tydens hul beplanning vir Afrikaans is 100 Jaar GROOT in die Weskaap en die komende konsert in Pretoria.
In hierdie inspirerende omgewing is idees gedeel, drome beplan en kreatiewe energie aangevuur. Vir Laeveld, wie se wortels diep in Afrikaanse kultuur en gemeenskapsbou lê, was dit ’n besondere ervaring om saam met dié dinamiese span te reflekteer oor die pad vorentoe.
Ons sien met groot afwagting uit na die vertonings en is trots om deel te wees van die storie agter die verhoog.
Besoek The Woodpecker Inn hier.






