Laeveld
Agrochem

Sagtewater vir harde chemie (MBFi)

Cloete Rossouw en
Jonathan Etherington

Water wat vir landboudoeleindes gebruik word kom vanaf ’n reeks bronne insluitend boorgate, damme en riviere. Die kwaliteit van hierdie water speel ’n belangrike rol in die effektiwiteit van die landbouchemikalieë wat gebruik word.

Belangrike aspekte van waterkwaliteit is die hardheid en brakheid van die water sowel as die pH-vlak. Waterhardheid is direk afhanklik van die kalsium- (Ca2+) en magnesiumkatione (Mg2+), in die water.

Die brakheid van die water kom hoofsaaklik van die natrium- (Na1+) vlakke in die water. Die hoë konsentrasie van Ca2+, Mg2+ en Na1+ veroorsaak ’n afname in die effektiwiteit van meeste katioonsensitiewe onkruiddoders, en daarom is dit noodsaaklik om die kwaliteit van die water aan te spreek. Dit word hoofsaaklik gedoen deur die antagonistiese katione vanuit die watermassa te isoleer. Die produk van keuse om sagtewater te bewerkstellig, is Max 357.

Wat is Max 357?

Max 357 is ’n wateroplosbare katioon-sekwestreermiddel wat spesifiek kalsium en magnesium sal cheleer sowel as natrium komplekseer. Sekwestreer beteken om ’n katioon af te skerm sodat dit nie aan reaksies sal deelneem nie. Max 357 doen dit deur chelering en kompleksering van katione sodat dit nie met negatief-gelaaide onkruiddoders bv. glifosaat en gilfosinaat kan reageer nie.

Aktiewe bestanddele

Dietileen Triamien Penta (Metileen Fosforigsuur) – 37,09 %
Amino Tri (Metileen Fosforigsuur) – 11,65%

Wanneer die glifosaat in aanraking kom met a2+ en Mg2+ in die spuitwater, sal die glifosaat met die katione bind en op hierdie manier minder effektief wees. Deur van Max 357 gebruik te maak kan hierdie effek teengewerk word as gevolg van Max 357 se affiniteit vir die Ca2+ en Mg2+ in die hardewater. Max 357 sal dan die katione cheleer en isoleer aangesien die bindingskragte wat deur die chelaat uitgeoefen word heelwat groter is as konvensionele chemiese bindings.

Wat is die voordele? 

  1. Max 357 sekwestreer kalsium-, magnesium- en natrium-katione.
  2. Max 357 het die vermoë om pH te reguleer.
  3. Max 357 los hardewater-probleme op.

Die verandering van pH-vlakke

Max 357 het die vermoë om die pH-vlakke van die spuitwater ook te verander. Afhangend van die dosis kan die pH op die volgende manier aangepas word deur Max 357.

Max 357-aanbeveling aan die hand van waterhardheid

Die hardheid van die water word bepaal deur die totale konsentrasie van Ca2+ en Mg2+ te meet en word dan uitgedruk as CaCO3:

Kom ons praat syfers

Die syfers op die diagram links, dui die verskil aan wat die gebruik van Max 357 op die omgewing en logistiek van die landbou-industrie sal hê.

Max 357, Reg. Nr. L 9664 Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Dietileen Triamien Penta (Metileen Fosforigsuur) en Amino Tri (Metileen Fosforigsuur). Versprei deur: MBFi (PTY) LTD. Reg nr. 2013/211882/07. Posbus 1137, Delmas, Mpumalanga, 2210. E: orders@mbfi.co.za. www.mbfi.co.za. Geregistreerde handelsmerk: N Laboratories.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.