Jaco Marais, Besigheidsbestuurder by Laeveld Agrochem, was op ontbytSAKE te sien waar hy die rol van biostimulante in moderne gewasproduksie bespreek het.
In die gesprek lig hy uit hoe biostimulante produsente kan help om plantgesondheid te verbeter, opbrengste te optimaliseer en meer volhoubaar te boer, selfs onder uitdagende groeitoestande.
Biostimulante speel ’n toenemend belangrike rol in plantvoeding deur prosesse in die plant te ondersteun eerder as om net voedingstowwe aan te vul. Dit maak dit ’n waardevolle hulpmiddel vir produsente wat meer uit hul gewasse wil haal sonder om hulpbronne onnodig te oorbenut.