Laeveld
Agrochem

Spring reg weg – behandel sojasaad anders (Syngenta)

Deur Hanlie Geldenhuys, Bemarkingsbestuurder
Navrae: Stefan van Zyl, Seedcare, Suid-Afrika

’n Nuwe saadbehandelingpakket maak korte mette van grondgedraagde siektes en grondinsekte wat so maklik ’n soja-oes in die wiele kan ry.

Elke plaas en elke seisoen is uniek, maar enige sojaboonprodusent se sukses begin met die saad wat hy plant. Die grondslag van sukses- volle sojaboonverbouing is die vestiging van

’n goeie stand wat beteken genoeg plante wat gelyk opkom en eweredig oor die land versprei is. Sulke eenvormigheid is slegs moontlik as alles reg loop tydens plant; daar is geen salf te smeer aan swak stand later in die seisoen nie.

Saadkwaliteit, groeikragtigheid, plantdatum, plantestand, wisselvallige reënval, saad se simbiotiese verhouding met stikstofbindende bakterieë en die impak van grondgedraagde siektes en grondinsekte tydens planttyd, is alles faktore wat probleme vir produsente kan veroorsaak.

Oor die afgelope paar jaar het veral insekte en siektes wat in die grond voorkom, ’n groeiende kopseer vir sojaboonprodusente geword. Een van die redes hiervoor, is bewaringsboerdery- praktyke wat toenemend toegepas word namate die bewustheid oor die noodsaaklikheid om grondgesondheid te verbeter, toeneem. Die positiewe impak van hierdie praktyke is on- betwisbaar, maar dit veroorsaak wel ander uitdagings.

’n Deklaag van oesreste, byvoorbeeld, hou die saadbed heelwat koeler en beskerm die grondvog wat help om saailingverwelksiektes te voorkom. Oesreste, opslag en onkruide bied egter ook voedsel en skuilplek gedurende die wintermaande vir baie grondinsekte en is ’n habitat waarin verskeie siektes oorleef – van daar die hoër plaag- en siektedruk in lande gedurende die produksieseisoen.

Koeler en nat toestande kan ook tot saadver- rotting lei of veroorsaak dat sojabone stadiger opkom en minder groeikragtig is. Die gevolg is dat ontkiemde saad en saailinge langer aan plae en siektes onder die grond blootgestel word en dus ’n groter kans het om aangeval te word.

Die kombinasie van meer sojaboonaanplan- tings en omgewingstoestande waarin siektes en insekte floreer, vereis dat produsente daad- werklik moet optree om siekte- en plaagdruk te bestuur. Voorkoming, in die vorm van saad- behandeling, is die beste manier om sojaboon- produksie te verbeter en die risiko van verliese so laag as moontlik te hou.

’n Drieledige oplossing

Syngenta se nuwe kombinasiesaadbehande- ling genaamd CRUISER® Plus Beans is ’n deur- braak in voorkomende risikobestuur. Met CRUISER® White wat insekte in toom hou en APRON® XL en CELEST® XL wat saam siektes uitroei, gee hierdie kombinasie jou sojaboon- saad die beste moontlike kans om suksesvol te ontkiem, op te kom en te vestig.

APRON® XL en CELEST® XL, saam bekend as APRON® Plus Beans, is die swamdoderkomponent van die saadbehandelingspakket. Die twee produkte werk saam om sojaboonsaad en -saailinge vroeg in die seisoen teen siektes soos Fusarium, Pythium, Phytophthora en Rhizoctonia te beskerm vir goeie ontkieming en opkoms. APRON® Plus Beans is ’n sistemiese saadbehandeling wat vinnig deur die saad en wortels opgeneem word en opwaarts in die saailing beweeg om die hele plantjie te beskerm totdat hy gevestig is.

Op sy beurt is CRUISER® White die insekdoder- komponent wat sade en saailinge teen insekte soos valsdraadwurm, miswurms, plantluise, bladspringers en blaaspootjies beskerm en pespopulasies onder beheer hou. CRUISER® White word vinnig deur die ontkiemde saad en saailing opgeneem om volledige beskerming te bied. Alhoewel sommige insekspesies eers na omtrent 48 uur vrek, hou alle teikeninsekte op om te vreet en skade aan te rig kort na toediening.

CRUISER® White het die verdere voordeel van hoë wateroplosbaarheid, wat beteken die pro- duk het min grondvog nodig om te aktiveer en deur die saailing se wortels opgeneem te word. Hierdie eienskap verseker beskerming selfs wanneer die grond relatief droog is.

Al drie middels in CRUISER® Plus Beans – CRUISER® White, APRON® XL en CELEST® XL –kan saam met rhizobiumbakterieë-entstowwe gebruik word en het geen skadelike impak op stikstofbindende bakterieë wanneer hulle in kombinasie toegedien word nie.

Saam het die produkte ook ’n positiewe impak op die plantproteïene wat die saailing in staat stel om stremmingsfaktore wat gewoonlik vroeg in die seisoen voorkom, te weerstaan. CRUISER® Plus Beans verbeter ook wortel- ontwikkeling met die gevolg dat saailinge water en voedingstowwe meer effektief kan opneem. Die resultaat is gesonder sojaplante en hoër opbrengspotensiaal.

Deur elke saad en saailing te beskerm, stel Syngenta se CRUISER® Plus Beans sojaboon- saadbehandeling produsente in staat om die aanslag van grondgedraagde siektes en plae te bestuur ten einde onnodige standverliese te voorkom en gesonde plante eweredig te vestig.

Sukses begin inderdaad met die saad wat jy plant – veral wanneer daardie saad met CRUISER® Plus Beans behandel is.

Met CRUISER® Plus Beans kom sojaboonplante vinniger, gesonder en meer eweredig op – die resep vir ’n goeie stand.

Foto: Kobus Venter, Syngenta

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.