Jaco Marais
Produkbestuurder
Phthorimaea absoluta (Meyrick 1917) (Lepidoptera: Gelechiidae), wat vanaf die vroeë 90’s as Tuta absoluta beskryf word, word as ’n kritieke pes op tamaties beskou en veroorsaak geweldige verliese in opbrengste.
Afgesien van skade wat aan blare en vrugte veroorsaak word, is die vermoë van T. absoluta om weerstand teen chemiese beheermeganismes te ontwikkel kommerwekkend. Faktore wat tot verhoogde risiko in weerstand bydra sluit in: 1,3
- ’n Kort lewensiklus van ongeveer drie weke.
- Hoë reproduktiewe kapasiteit met wyfies wat tot en met 260 eiers binne 7 tot 14 dae kan lê.
- Vermoë om weerstand teen sekere chemiese aktiewe bestanddele te ontwikkel.
- Die oorgebruik in die verlede van ’n beperkte verskeidenheid van effektiewe chemiese beheerklasse.
Om effektiewe plaagbeheer en insek weerstandsbestuur (IWB) te bewerkstellig word aanbeveel dat:
- Geregistreerde insekdoders met verskillende metodes van werking met mekaar afgewissel word.
- Geregistreerde insekdoders streng volgens etiket-aanbevelings gebruik word.
- Beginsels van geïntegreerde plaagbestuur (GPB) toegepas word om absoluta op ’n ekonomiese en omgewingsverantwoordelike wyse te beheer.
SumiPleo® is die perfekte beheeropsie om saam met ’n GPB-strategie teen T. absoluta aan te wend. Hierdie staatmaker in moderne chemiese beheertegnologie bevat die aktiewe bestanddeel piridaliel (IRAC groep: UN), ’n unieke molekuul wat deur Sumitomo Chemical in Japan ontdek en ontwikkel is.
’n Tamatie-opbrengs kan sowat 60% in oesverlies toon deur onvoldoende insekplaagbeheer.
Sleutelkenmerke rakende SumiPleo® sluit die volgende in: 2
- Unieke chemiese molekuul (dichloorpropeen derivaat) met geen kruisweerstand-risiko. Dit beskik oor ’n nuut geïdentifiseerde metode van werking wat nie met enige ander bestaande aktiewe bestanddeel gedeel word nie.
- Kontakmiddel met ’n ingewandverwante metode van werking (selvernietigende effek by motlarwes).
- Met inname staak teiken-larwes onmiddellik met vreet.
- SumiPleo® is aktief teen alle instars.
- SumiPleo® beskik oor ’n baie lae risikoprofiel m.b.t. toksikologie in mense, ander soogdiere asook ’n lae impak op die omgewing.
- Dit het byna geen nadelige impak op voordelige organismes soos roofmyte, wespes, voordelige kewers, erdwurms of bestuiwers soos bye nie.
- ’n Kort onthoudingsperiode van drie dae op tamaties beteken volgehoue kapasiteit om beskerming teen teiken-insekte te verseker.
- SumiPleo® is nie van omgewingstemperatuur afhanklik soos met ander tipes aktiewe bestanddele nie (bv. piretroïede).
- Uitmuntende gehalte in formulasie wat lei tot uitstekende reënvastheidvermoë sodra die spuitmengsel op die teiken plant droog geword het.
- SumiPleo® is ideaal vir gebruik in GPB-strategieë.
As deel van die strategie om T. absoluta te beheer en weerstandrisiko te verminder, word SumiPleo® as deel van ’n spuitprogram teen 250 ml/ha tot 300 ml/ha met ’n volle dekbespuiting in 500 L tot 1500 L water aangewend, sodra die plaag vir die eerste keer opgemerk word. Dien die laer dosis voorkomend toe en die hoër dosis wanneer die plaag teenwoordig is. Monitering en verkenning tydens die volle strek van die groeiseisoen bly krities tot suksesvolle beheer.
Philagro SA bied eksklusiewe toegang tot SumiPleo®, die nuutste in insekdoder-tegnologie vanuit Japan. Vir meer inligting oor SumiPleo®, kontak jou naaste Laeveld Agrochem-agent.
RAADPLEEG DIE PRODUKETIKET VIR VOLLEDIGE GEBRUIKSAANWYSINGS EN BEPERKINGS. SumiPleo® is die geregistreerde
handelsmerk van Sumitomo Chemical Company, Japan. (Reg. nr. L8377, Wet nr. 36 van 1947) bevat piridaliel dichloorpropeen derivaat, versigtig.
Verwysings:
- RODITAKIS, , VASAKIS, E., GRISPOU, M., STAVRAKAKI, M., NAUEN, R., MAGALI, G. and BASSI, A. 2015.
First report of Tuta absoluta resistance to diamide insecticides. Journal of Pest Science, 88:9-16. - SAKAMOTO, , UEDA, N., UMEDA, K., MATSOU, S., HAGA, T., FUJUSAWA, T. and TOMIGAHARA, Y. 2005.
Research and development of a novel insecticide “Pyridalyl”. Sumitomo Kagaku 2005-I. - VISSER, , NOFEMELA, R. en MAILULA, T. 2017. The invasive tomato leaf miner (Tuta absoluta) in South Africa. ARC – Insect Ecology – Insect Pests: Fact Sheet no.3.