Laeveld
Agrochem

Syngenta belê in die groei van landbouleiers

Alhoewel die Suid-Afrikaanse landbousektor hoogs ontwikkel is, is daar talle uitdagings wat die landboubedryf moet trotseer, onder andere ekonomiese druk, uiterste klimaat- en omgewingstoestande en die politieke omstandighede.

Die kernrede vir landbou se voortbestaan is om genoeg kos te produseer om voedselsekuriteit te verseker in ’n Suid-Afrika waar hongersnood plek-plek begin kopuitsteek. Dit is egter nie so eenvoudig nie.

Syngenta se leuse is ‘Bringing Plant Potential to Life’. Op dieselfde trant glo ons dat Syngenta ’n bydrae kan lewer om potensiaal in die vorm van leierskapvaardighede binne die landbousektor te ontwikkel.

Met die visie om deel te wees van die vorming van landbou, is Syngenta trots om jong produsente en rolspelers as leiers op die plaas en in die landboubedryf op te lei om die uitdagings te verstaan, meer geleenthede te skep en nuwe idees te implimenteer.

Vanaf die Grain Academy (2013 – 2019) na die Leadership Academy for Agriculture (2020) Teen hierdie agtergrond het die Grain Academy die lig gesien: ’n pasmaak-program, ontwikkel vir jong kommersiële boere wat die argitekte van môre se landbou-arena is.

Na sewe suksesvolle jare en die kaliber mense wat opgelei is, het Syngenta en Graan SA besluit om die program na alle landbousektore uit te brei om sodoende ’n groter impak in die landbou sektor te verseker deur meer kandidate deur die program te sit.

Voorheen was die akademie meer slegs toegespits op graanprodusente.

Om hierdie verandering te verwoord, is die Grain Academy se naam verander na die Leadership Academy for Agriculture.

Alle rolspelers en instansies betrokke het ’n gemeenskaplike doel, naamlik om jong landbouleiers toe te rus om ’n wesenlike verskil in die bedryf te maak en die landbousektor te help om ’n toekoms vir Suid-Afrika as ’n land te bou.

Gedurende 2020 sal daar twee programme wees. Syngenta sal die eerste program borg en Afgri die tweede. Die 28 kandidate wat aan elke program deelneem, sal deur ’n keuringsproses geselekteer word.

Syngenta beplan om in die toekoms die Leadership Academy verder uit te brei deur nog twee programme per jaar in samewerking met addisionele vennote aan te bied. Thinking fusion AFRICA was en sal steeds die fasiliteerder van die LEADERSHIP IN THE CONNECTION ECONOMY program bly.

Die program is geakkrediteer deur die Noordwes-Universiteit se Besigheidsskool op ’n NQF vlak 7.

Die Leadership Academy leer die kandidaat om as produsent groter te dink, tonnelvisie te vermy en ’n uitkyk in werklikheid te verander. Om anders te boer, beter te beplan, strategieë uit te werk en ’n leier te wees. Die program leer hoe om te bestuur en saam met die mense op die plaas en in die omgewing te werk.

Die produsent moet by verandering kan aanpas, groei en ontwikkel en ’n duidelike prentjie hê van wat bereik moet word op plaasvlak, asook in terme van die sektor in geheel. Die program ontwikkel netwerke en interaksies tussen produsente en rolspelers wat van onskatbare waarde in die toekoms kan wees.

Vir meer inliging besoek gerus: Leadership Academy for Agriculture www.agacademy.co.za

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.