Laeveld
Agrochem

Topklas aktiewe bestanddele vir plaagbeheer in aartappels (FMC)

Sallie Herbst
Verkoopsbestuurder

Danksy indrukwekkende deurbrake in moderne chemie beskik FMC oor ’n bewese produkreeks wat verskeie uitdagings in aartappelverbouing aanspreek, onder andere produkte vir doeltreffende insek- en aalwurmbeheer.

Toonaangewende aktiewe bestanddele met uitstaande voordele onderskei hierdie produkte van hulle mededingers. Trouens, FMC belê reuse bedrae in navorsing en ontwikkeling om nuwe tegnologie in chemiese en biologiese gewasbeskerming te ontdek en te ontwikkel.

Die maatskappy is ’n konstante innoveerder van gevorderde chemie, en spog met vooraanstaande, wêreldbekende aktiewe bestanddele en produkte.

FMC in Suider-Afrika is oortuig daarvan dat toepaslike tegnologie in die landbou die verstommende potensiaal van ons sub-kontinent kan ontsluit. As een van die wêreld se voorste landbouchemiese maatskappye, onderneem FMC die ontwikkeling van sintetiese en biologiese produkte wat uiteraard beter werk op die plaas en konsekwent beter is vir die planeet.

Die relatief sagte omgewingsprofiel van FMC se plaagbeheerprodukte maak hulle by uitstek geskik vir gebruik in GPB-programme (geïntegreerde plaagbeheer) en is van groot waarde in IWB-programme (insekweerstandbestuur) om die opbou van weerstand te bekamp.

Om aartappelboere te help om hul gewasse te beskerm teen insekplae, het FMC-wetenskaplikes oor die jare heen beter en beter sintetiese gewasbeskermings-chemikalieë ontwikkel.

In die geval van Vantex®, spog dié produk nou met die wêreld se kragtigste aktiewe bestanddeel in die piretroïed-klas.

Hierdie produk bied boere beide vinnige uitklop én uitgebreide bestryding van insekplae in aartappels. Die aanvanklike beheer van gevestigde plaagbevolkings vind hoofsaaklik plaas deur direkte kontak van die insekte met die kleiner mikrokapsules. Die groter kapsules bly ongeskonde en laat geleidelik die gammasihalotrien vry, wat langdurige beheer veroorsaak.

Die gevorderde formulering van die mikrokapsules bied beter produkstabiliteit onder uiterste omgewingstoestande. Die beheerde vrystelling van die aktiewe bestanddeel sorg vir uitgebreide residuele beheer. Vantex® is geregistreer vir die beheer van aartappelmotlarwes (Phthorimaea operculella) en Afrika bolwurm (Helicoverpa armigera) in aartappels.

Coragen® insekbeheer, met Rynaxypyr® (antraniliese diamied), beskik oor ʼn unieke werkingsmeganisme wat aan die rianodienreseptore van insekte bind en aktiveer.

Hierdie aktivering stimuleer die loslating en uitputting van kalsium vanuit die interne stoorplekke van spiere, wat lei tot verswakte spierregulering, verlamming en die uiteindelike dood van die insek. Die dood van die plaag vind binne twee tot drie dae plaas, maar inhibisie van insekbeweging en voeding vind byna onmiddellik plaas.

Coragen® beheer aartappelmot (larwes) (Phthorimaea operculella), aartappelblad- myner (larwes) (Liriomyza huidobrensis), tamatiebladmynermot (larwes) (Phthorimaea Tuta absoluta) en herfs kommandowurm (Spodoptera frugiperda).

Benevia®, met Cyazypyr® (antraniliese diamied), word gebruik word vir die beheer van kou- en suigende insekplae in aartappels soos aartappelmot (Phthorimaea operculella) en aartappelbladmyner (Liriomyza huidobrensis). Aktiwiteit op inseklarwes vind hoofsaaklik deur inname plaas, maar ook deur kontak. Blootstelling van die plaagspesie lei gewoonlik tot vinnige voedingstaking binne ’n paar uur, maar die tyd tot dood kan drie tot ses dae neem, afhangend van die spesie.

Steward®, met indoksakarb (oksadiasien) werk deur natriumioon-binnedringing in senuweeselle te inhibeer, wat lei tot verlamming en dood van die plaagspesie. Dit vind binne een tot twee dae plaas, maar inhibisie van insekvoeding vind baie vinnig plaas (binne twee tot agt uur).

Steward® beheer die larwes van aartappelmot (Phthorimaea operculella), tamatiebladmynermot (Phthorimaea Tuta absoluta) en herfs kommandowurm (Spodoptera frugiperda) in aartappels.

Die beste verdediging teen aalwurms in aartappels is voorkomend en behoort reeds voor planttyd te begin. FMC se bekende Rugby® 10 ME is ’n emulsie kontak-aalwurmdoder vir die beheer van aalwurms met die beproefde organofosfaat kadusafos as aktiewe bestanddeel. Rugby® 10 ME word wêreldwyd gebruik om ’n beskermende groeisone vir die gesonde ontwikkeling van aartappels te skep.

Toediening met Rugby® 10 ME voor plant skop die seisoen reg af en gee aartappelgewasse ’n uitstekende kans om te presteer.

FMC is oorgehaal om ten volle by te dra tot die volhoubare ontwikkelingsmikpunte vir 2030. Volgens bemarkingspesialis Ben Schoonwinkel, is die maatskappy daartoe verbind om volhoubare, innoverende oplossings te ontwikkel wat produsente se dagtake kan vergemaklik, hul winste vergroot en die volhoubaarheid van hul besighede verbeter.

Vir meer besonderhede kontak die verkoopsbestuurder in jou area of besoek die FMC webwerf by: www.ag.fmc.com/za.

BENEVIA® 100 OD Reg. Nr. L10390 Wet Nr. 36 van 1947 – Versigtig / IRAC Groep 28 – bevat 100 g/liter siaantraniliprool (antraniliese diamied) – Cyazypyr. CORAGEN® Reg. Nr. L8529 Wet Nr. 36 van 1947 – IRAC 28 – Versigtig – bevat 200 g/liter chloorantraniliprool (antraniliese diamied) – Rynaxypyr.

STEWARD® 150 EC Reg. Nr. L8435 Wet Nr. 36 van 1947 – IRAC 22A – Skadelik – bevat 150 g/liter Indoksakarb (oksadiasien). VANTEX® 60 CS Reg. Nr. L7227, Wet Nr. 36 van 1947 – IRAC 3A – Versigtig – bevat

60 g/liter Gamma-sihalotrien (piretroïed). RUGBY® 10 ME bevat kadusafos (organofosfaat) Reg. Nr. L6368 Wet Nr. 36 van 1947, skadelik. FMC Chemicals (Edms) Bpk, Posbus 44, Postnet Menlyn, Waterkloof Glen, 0181, Republiek van Suid-Afrika. BENEVIA®, CORAGEN®, STEWARD®, VANTEX®, RUGBY®, Cyazypyr® en Rynaxypyr® is handelsmerke van FMC Corporation of sy affiliate.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.