Ten spyte van die winterkoue het ons boere, agente, verskaffers en vennote opgedaag vir die 2026 Laeveld Agrochem Gholfdag.
Die dag was ten bate van LAC Cares, met fondse wat deur LAC Cares Connect ingesamel is om Bramley Kinderhuis met Genesis Nutritional Products-maaltye te ondersteun. Danksy elkeen se ondersteuning is die teiken oortref en is genoeg fondse ingesamel vir meer as 45 000 Genesis-maaltye vir minderbevoorregte kinders.
Baie dankie aan elke boer, agent, verskaffer en vennoot wat deel was van die dag en saam met ons ’n positiewe verskil gemaak het.
SAAM maak ons ‘n verskil. 🌱
Besoek www.connect.laccares.co.za en help ons om ’n nóg groter impak in ons gemeenskappe te maak.



























