Cornelius Oosthuizen
Bemarking- en Tegniesebestuurder
Verskeie plantsuigende insekte dra by tot die verspreiding van plantvirusse. Blaaspootjies, witvlieë, bladspringers en ook plantluise, is peste wat as vektore of draers van die virusse dien. Aartappelvirus Y (PVY) word op hierdie manier deur plantluise in tamaties oorgedra, so ook die komkommermosaïekvirus (CMV) in komkommers. Plantluise is veral lief vir jong groeisels (flush) op boomgewasse asook saailinge wat vol sappige vloeistof is waarop gevoed kan word.
ʼn Tweede simptoom van die teenwoordigheid van plantluise is heuningdou. Heuningdou is ʼn suikeragtige afskeiding wat deur plantluise geproduseer word. Dit dien as voeding vir miere wat in ruil beskerming aan die plantluise bied. Oormatige heuningdou verkleur swart weens swamme wat voed op die suikerinhoud. Dit lei tot markverwerping van vrugte en groente, dus ʼn ekonomiese verlies!
ʼn Geïntegreerde benadering
Aangesien dit algemeen is dat ʼn gewas gelyktydig deur verskeie plantluisspesies aangeval kan word, is die moontlikheid om plantluise met ʼn enkele oplossing te beheer, dikwels beperk. Jy moet dus ʼn kombinasie van produkte ontplooi om plantluisbesmettings effektief te onderdruk en te beheer.
Parasitoïede is baie doeltreffend om plantluise heel aan die begin van ʼn besmetting op te spoor voordat ʼn plaagsituasie voorkom.
Daarenteen is predatore soos Aphidalia (Adalia bipunctata) glasogies (Chrysopa spp.) baie meer vraatsugtig en doeltreffend om brandpunte van besmettings skoon te maak. Predatore is dus baie geskik om genesend gebruik te word, terwyl parasitoïede doeltreffend in ʼn vroeë stadium van plaagontwikkeling, of selfs voorkomend, gebruik kan word.
Hierdie argument onderstreep die feit dat parasitoïede beskou moet word as komplementêre oplossings om plantluise te beheer en nie as die keuse om een van hulle te gebruik nie. Dit is belangrik om na ʼn geïntegreerde benadering te streef.
As jy buiteluggewasse produseer, het jy ʼn groot voordeel: die buitelug is die tuiste van ʼn oorvloed van klein natuurlike vyande wat van onskatbare waarde is in ʼn geintegreerde plantbeskerming (GPB)-strategie. Hulle kan die doeltreffendheid van jou plantbeskerming en plaagbeheer ʼn hupstoot gee. Jy moet egter vir hierdie nuttige wesens sorg as jy hul sterkpunte wil benut, eerder as om hulle dood te maak.
- Grond is die tuiste van baie natuurlike vyande soos roofmyte, kewers, spinnekoppe en voordelige grondgedraagde nematodes Maak seker die grond is ʼn goeie plek vir hulle om in te woon.
- Die plant van blomstroke of struike kan help om sekere natuurlike vyande te lok.
Effektiewe plantluis beheer met biologie
Effektiewe biologiese beheer van plantluise kan slegs bereik word indien ʼn multiprodukbenadering gevolg word. Elke produk het sy eie spesifieke toepassing, daarom is dit belangrik om dit in die regte situasie te gebruik. Die opstel van ʼn geïntegreerde biologiese beheerplan is noodsaaklik.
ʼn Koppert tegniese adviseur kan help om hierdie plan te bou wat dikwels oor baie weke strek en verskeie produkte bevat. As gevolg van die verskille in produkte, is die kennis van ʼn tegniese adviseur noodsaaklik. Dit sal jou in staat stel om ʼn bestendige koers en strategie uit te voer in plaas daarvan om ad hoc-besluite te neem, wat dikwels op ongewenste resultate uitloop.
Drie kernprodukte vir plantluisbestryding:
Aphidalia (Adalia bipunctata): Doeltreffend teen alle spesies en stadiums van plantluise. Adalia bipunctata voed op plantluise en lê eiers in die plantluiskolonies. Na opkoms voed die larwes ook op plantluise. Die plantluise word heeltemal verteer.
Aphipar (Aphidius colemani): Kan voorkomend of by eerste tekens van plaagteenwoordigheid gebruik word. Meer geskik vir die beheer van kleiner plantluisspesies, veral Myzus spp. en katoenluis. Volwasse parasitiese wespe kom uit die mummies en wyfies lê hul eiers in plantluise. Die volgende generasie parasitiese wespe ontwikkel binne-in die plantluis, wat in ʼn leeragtige mummie verander. Die volwasse parasitiese wespe kom deur ʼn gat aan die agterkant van die mummie te voorskyn.
Aphidend (Aphidoletes aphidimyza): Hierdie algemene galmuggie kan op die mees algemene plantluise toegedien word. Die larwes dra ʼn sekere toksien wat die plantluis doodmaak wanneer dit geperforeer word. Plantluise word dan deur die plantluislarwes verteer. Volwasse galmuggies kom uit die papies en deponeer hul eiers in die plantluiskolonies.
Dit is natuurlik moontlik om die bogenoemde produkte met selektiewe plaagbeheermiddels te integreer. Veral sekere sistemiese insekdoders is verenigbaar met Koppert-produkte.