Laeveld
Agrochem

Vruggrootte: die impak in rand en sent (Agri Technovation)

Waldo Krige
Senior Hortoloog

Selverdeling vs. selvergroting

Selverdeling (ook bekend as mitose) en selvergroting is beide belangrike prosesse wat deel vorm van die groei en ontwikkeling van vrugte.

Selverdeling is die proses waardeur ʼn enkele sel verdeel in twee identiese dogterselle en is ʼn belangrike stap in vruggroei.

Die sel gaan deur verskeie stappe, insluitend die verdubbeling van die DNA en die vorming van ʼn nuwe dogtersel, en maak gebruik van die interne selstrukture om twee kopieë van die DNA korrek te verdeel en te skei.

Elke dogtersel ontvang dus een volledige stel genetiese materiaal. Hierdie proses herhaal voortdurend en lei tot ʼn toename in die aantal selle, wat lei tot die groei van die vrug.

Teenoor selverdeling, wat die vruggrootte in die vroeë stadiums van groei laat toeneem, is selvergroting die proses waardeur individuele selle in grootte toeneem. Tydens selvergroting absorbeer die selle water en voedingstowwe deur die membraan en verhoog sodoende hul intrasellulêre volume.

Die selwande van die selle is aanpasbaar en rek om die groeiende selle te akkommodeer. Hierdie selgroei word gedryf deur die vermeerdering van intrasellulêre organelle en die produksie van nuwe proteïene. Dit stel die vrugte in staat om te groei en hulle volwasse grootte en vorm te bereik. Die kombinasie van selverdeling en selvergroting speel dus ʼn kritieke rol in die ontwikkeling van ʼn vrug asook finale vruggrootte.

Manipulasie van vruglading

Soos die oeslading toeneem, kan dit lei tot ʼn afname in vruggrootte. Hoe meer aanvraagpunte (vrugte/sinke) daar is, hoe meer moet die voeding, water (en lig) onderling verdeel word en kan dit gebeur dat daar nie genoeg van elk is om elke vrug volledig te ondersteun nie. Die bestuur van vruglading is ʼn sleutel manipulasie tot voldoende vruggrootte.

Die vruglading kan bestuur word met een of meer bestuurspraktyke wat onder meer die aanpassing van bemesting, snoei-aksies asook chemiese- en handuitdunning insluit. Identifisering van die korrekte manipulasiemetode per blok is kritiek tot die sukses daarvan.

Die impak van handuitdunning op verskillende stadia van groei, een gedoen in die somer (5 Januarie – 65 dae na blom) en die ander in die herfs (22 April – 175 dae na blom), word aan die hand van die onderstaande voorbeeld verduidelik (Figuur 1).

Die effek van handuitdunning op vruggroei tempo is noemenswaardig indien die manipulasie betyds gedoen en afgehandel word. Die somer handuitdunning het ʼn groot impak op vruggroeitempo gehad (Figuur 1), wat strook met die stelling dat die potensiaal vir vruggroei baie vroeg in die vrug se ontwikkeling bepaal word (Garcia-Luis et al., 1988). Die verwydering van vrugte vroeg in Januarie het die hoeveelheid teenwoordige sinke verminder, wat die onderlinge kompetisie tussen sinke vir voeding, water en lig verminder het.

Hoe word vruggrootte bestuur?

Vrugvergrotingstrategie

ʼn Strategie wat spesifiek fokus of vrugvergroting is ʼn effektiewe manier om vruggrootte te bestuur. Sodanige strategie behels ʼn sterk fokus op aksies wat goeie Ca-opname sal verseker, asook die toediening van Ca-blaarvoedings op tye wanneer die vruggies die vermoë het om die Ca effektief op te neem. Effektiewe Ca-bemesting is kritiek tydens die selverdelingsfase.

Die gebruik van K-bemesting is deurgaans belangrik om vruggrootte te dryf, maar ook om optimale fotosintese te verseker. K-blaarvoedings moet strategies gebruik word tydens selvergroting.

Vrugvergroting volg ʼn sigmoïdale kurwe, wat beteken dat daar sekere tye is wanneer verhoogde vruggroei plaasvind (Fase 1 en 2), terwyl daar ʼn afname in vruggroeitempo is nader aan die einde van die seisoen (Fase 3) (Figuur 2).

Blaarmonsters wat op geo-verwysde punte geneem word, word met gebruik van die ITEST™LEAF-diens ontleed en die resultate gebruik om die mineraalstatus te bepaal, ten einde ingeligte besluite te neem rakende die te neem oor manipulasie van die oeslading. Hierdie twee dienste vervul ʼn kritieke rol tydens sodanige besluitneming. vruggroottestrategie vanuit ʼn voedingsoogpunt. ITEST™CARBOHYDRATES-ontledings word gebruik om die boom se koolhidraatreserwes te bepaal om daarvolgens ingeligte besluite.

Die kombinasie van ʼn oesladingevaluasie, ITEST™LEAF asook ITEST™CARBOHYDRATES ontledings, word dan saam gebruik om ʼn vruggroottestrategie saam te stel. ʼn Voorbeeld van ʼn suksesvolle vruggroottestrategie om vrugvergroting gedurende die verskeie fases te ondersteun, word hier regs uiteengesit.

Vruggrootte evaluasie

Evaluasie van vruggroei per week

Die evaluasie van vruggroei per week word gedoen deur vrugte te merk en week na week te meet met die doel om vas te stel of die gewenste vruggroeitempo behaal word.

Voorspelling van die vruggrootte verspreiding

Die voorspelling van die vruggrootteversprei ding is ʼn evaluasiemetode wat gebruik word om gedurende die seisoen te evalueer hoe die finale vruggrootte van die oes waarskynlik gaan lyk. ʼn Getal van 1000 lukrake vrugte word herhaaldelik (maandeliks) gemeet en gegroepeer in terme van grootte, ook verwys na as “Tellings”. Telling 1X, 1 en 2 word geag ideale groottes te wees, waar Tellings 3, 4, 5 en 6 asook 1XX en 1XXX slegs geskik is vir geselekteerde markte.

Die standaard vruggroei per maand word bymekaargetel tot en met die beplande oes datum. Die voorspelde vruggrootte, sou die oes op daardie spesifieke dag plaasvind, word bepaal en visueel uitgebeeld. Dit word gedoen om die persentasie van vrugte vas te stel (min of meer) wat op koers is na ʼn sekere (ideale of nie ideale) vruggrootte. Aangesien die vrugte herhaaldelik gemeet word, elimineer hierdie metode die risiko van ʼn wanpersepsie rakende die gemiddelde vruggrootte. Dit is vanweë die feit dat ʼn stel vrugmetingsdata deels “baie groot” en deels “baie klein” vruggroottetellings kan insluit, wat die indruk mag skep dat die gemiddelde vruggrootte ideaal is, terwyl die vruggrootte inderwaarheid in geheel onder baie druk is.

Bogenoemde twee vrugmetingsmetodes (evaluasie en voorspelling) word saam gebruik per area om te evalueer of die area die gewenste vruggroeitempo handhaaf, asook om ʼn idee te kry van die persentasie van vrugte wat wel ʼn realistiese kans het om optimale/ideale vruggrootte te behaal.

Impak op rand en sent vir die boer

Die impak van vruggrootte en effektiewe bestuur daarvan op die produsent se sak word geïllustreer met verwysing na suksesse behaal met Nadorcott vrugte (Tabel 1). Daar word onderskei tussen inkomste (volgens vruggrootte) voor en na die toepassing van bogenoemde voorgestelde bestuurspraktyke om vruggroei te bevorder. Vir doeleindes van hierdie voorbeeld is Tabel 1 van toepassing.

Tabel 1. Illustrasie van inkomste voor en na die toepassing van bestuurspraktyke gerig daarop om optimale/ideale vruggrootte te behaal in die Wes Kaap op Nadorcott in die Europese mark.

Die invloed van vruggrootte op die inkomste wat per ha gegenereer word, word gedryf deur die hoeveelheid vrugte van ideale/optimale grootte wat vir die bestemde mark geproduseer kan word. In bogenoemde voorbeeld was slegs 42,5% van die vrugte (1 700 van die 4 000 kartonne) aanvanklik bestem vir die mark op ideale vruggrootte. Hierdie persentasie is deur die toepassing van bestuursmetodes opgestoot na 73,75% (2 950 uit 4 000 kartonne). Dit het ʼn 13,7% verskil in inkomste teweeg gebring:

  1. Ten einde ʼn 31% verbetering op vruggrootte te verseker, is die 13,75% wat op Telling 5 sou eindig (550 uit 4 000 kartonne) reeds in Januarie met die hand verwyder.
  2. Om die Telling 3 en Telling 4 na Telling 1 en 2 op te stoot, moes 5 mm verbeterde vruggroei oor die 5 maande verkry word wat neerkom op 1 mm vruggroei per maand bo die standaard wat ʼn realistiese teiken is om te behaal.

Soortgelyke suksesse is met Midknight en Eureka vrugte behaal.

Ten slotte

Die verskil in grootte tussen optimale inkomste en ʼn verlaagde prys kan so klein wees soos 2 mm. Inkomste haalbaar uit vrugte van voorkeur/ideale grootte is aansienlik meer as inkomste gegenereer uit die ander vruggroottes. Dit maak die effektiewe bestuursaksies, (met ander woorde die addisionele kostes en die volg van ʼn vruggroeistrategie) steeds die moeite werd.

Calcinator™ Fertiliser Group 2, Reg. nr. B5022. FLOWER POWER™ Fertiliser Group 2, Reg. nr. B5018.
STRENGTH™ Fertiliser Group 2 Reg. nr: B6635. FRUIT-TO-SIZE™ Fertiliser Group 1, Reg. nr. K9549.
CITRUS-TO-SIZE™ Fertiliser Group 2, Reg. nr. B5020. K PHLOEM™ Fertiliser Group 1, Reg. nr. K11036.

Verwysings:

  1. Falvene, S., Giddings, J., Hardy, S. & Sanderson, G., (2006, 2018) Managing citrus orchards with less water, New South Wales Department of Primary Industries.
  2. Stander, Ockert P.J. & Cronjé, Paul J.R. (2016). Reviewing the Commercial Potential of Hand Thinning in Citrus with a Cost-benefit Analysis of Summer Hand Thinning of ʼnadorcott’ Mandarin. HortTechnology hortte, 26(2), 206-212. Retrieved Aug 2, 2023, from https://doi.org/10.21273/HORTTECH.26.2.206.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.