Laeveld
Agrochem

Wat om te weet van Trichoderma-spesies (Madumbi)

Deur Madumbi
Sustainable Agriculture

Daar is so baie Trichoderma-spesies en variante op die mark, dit is belangrik om te verstaan dat nie almal dieselfde is nie.

Hou die volgende in gedagte wanneer Trichoderma produkte gekies word:

1. Die variant van die Trichoderma

Die Trichoderma variant / isolaat / ras (strain in Engels) is baie belangriker as die spesienaam waarin dit val. ’n Mens kan nie sê een spesie is beter as ’n ander een nie, want daar is so baie variasies tussen die isolate wat in ’n spesie saam groepeer. Baie Trichoderma’s kom bloot as
saprofiete voor in die risosfeer en bied geen voordeel vir die plant nie.

Party Trichoderma variante is uitstekend in hul wortelgroei-stimulasie vermoë, en swak in siektebeheer (met sommiges wat geen impak het teen patogene nie) en omgekeerd. Dit is belangrik om te weet dat die verskaffer tyd en hulpbronne belê in hierdie duursame proses om die regte spesie en variant te kry wat tot volle voordeel vir die plant is.

Dit is ook belangrik om te weet hoe aanpasbaar en kompeterend die Trichoderma in die omgewing is. Bepaal of die toetse gedoen
is oor hoe die Trichoderma reageer met omgewingsfaktore soos temperatuur, grond pH en watertoestande? Trichoderma produkte moet goed nagevors wees.

Trichoderma asperellum (T) groei rondom en breek miselium van die patogeen Rhizoctonia (R) af.

3. Formulasie

Baie tyd en navorsing moet in Trichoderma produkte se produksie en formulasie belê word. Die bron waarop die Trichoderma vermeerder word, het ’n daadwerklike impak in hoe goed die spore verskeie omgewings-toestande gaan oorleef.

 Eco-T Ezi-Flo® se formulasie bevat ’n kombinasie van talk en grafiet, wat ook dien as ’n smeermiddel. Dit help met planteffektiwiteit
en -akkuraatheid. Die talk en grafiet help ook met die verspreiding van die Trichoderma in die saadbak, asook met die eweredige bedekking van die saad.

Die aktief in Eco-T® en Eco-T Ezi-Flo® is verenigbaar met ’n wye reeks van die bekendste saad- behandelings, en daar word ook aanhoudend verenigbaarheidstoetse gedoen.

Eco-T® en Eco-T Ezi-Flo® bevat ’n Trichoderma asperellum variant wat natuurlik voorkom en is uit die veld uit geïsoleer vir die beheer van grondgedraagde siektes wat insluit saailing- verwelk, en die patogene Fusarium, Phytophthora, Sclerotinia en Rhizoctonia.

Beide Eco-T® en Eco-T Ezi-Flo® bevorder ook gesonde wortelgroei. Die swam is ʼn ywerige wortelkoloniseerder en leef in simbiose op die wortelsisteem waar dit die opname van nutriënte bevorder en wortelgroei stimuleer.

Eco-T® behandelde (links) teenoor onbehandelde (regs) makadamiasaailinge in ’n makadamia-kwekery.

Eco-T® as deel van die wortelgesondheid-program in gevestigde sitrusboord, Oos-Kaap. Behandelde boord regs teenoor die onbehandelde boord aan die linkerkant.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.