Laeveld
Agrochem

Witvlieg, een van rankgewas boere se grootste vyande

A part of: , ,

Deur Des van Heerden
Entomoloog
Syngenta

Twee tipes witvlieë is veral problematies vir groente boere regoor Suid-Afrika, die glashuis witvlieg (GHWV, Trialeurodes vaporariorum) en die tabak witvlieg (TWV, Bemisia tabaci). Beide
kan saam voorkom en beide kan plantvirusse oordra, dis veral hier waar die problem lê.

Om die twee witvlieë van mekaar te onderskei moet daar na hulle vlerke gekyk word. Die GHWV se vlerke is hartvormig of lyk soos ’n gemsbokspoor, hulle is ook ietwat groter teenoor die TWV wat kleiner en meer aktief is met vlerke wat langs mekaar opgevou is en altyd so stukkie geel lyf tussen hulle wys.

Witvlieë het ’n geweldige wye gasheer reeks wat plante soos alle pampoengewasse, ’n verskeidenheid ander groente soos tamaties, eiervrug, slaai, beet, kool, boontjies, wortels, spinasie, soetpatats, aartappels, aarbeie, tabak, katoen, sojabone, lusern, kruidagtige struike of tuinplante soos malvas, asters, Barberton’s daisies, verskeie onkruide soos wandelende Jood, olieboom, wilde sonneblom, purperwinde, wilde malva, wilde slaai en appelliefie insluit.

Heuningdou, ’n suikeragtige uitskeiding as gevolg van die oormaat inname van plant-sappe veroorsaak taai blink kolle op blare. ’n Roetagtige swam groei daarop, fotosintese kan beinvloed word, ligpenetrasie verminder, vergeling kan volg en blare kan afsterf. Direkte voedingskade kan ook versilvering en klein verpotte plante veroorsaak veral op murgpampoentjies.

Die grootste problem is egter die oordrag van hierdie viruse waarvoor die meeste rankgewasse in Suid-Afrika vatbaar is:

Beet pseudo-geel virus (BPYV)

Squash blaarkrul virus (SLCV)

Tomatie blaarkrul virus (ToLCNDV)

Cucurbit chlorotiese geel virus (CCYV)

Cucurbit yellow stunting disorder virus (CYSDV)

Lettuce infection yellows virus (LiYV)

Cucumber vein yellowing virus (CVYV)

Vyf verskillende genera is betrokke by die oordrag van witvliegviruse; BegomovirusCrinivirus, Ipomovirus, Carlavirus & Torradovirus (slegs op tamaties), die oordrag manier verskil betekenisvol. Begomoviruses bestaan uit ’n enkele string DNA, is sirkulatief en word in ’n volhoubare manier oorgedra.

Terwyl die ander almal uit ’n enkelstring RNA bestaan, nie-sirkulatief is nie, en witvlieë moet voordurend die virus inneem om dit weer oor te dra. Dus ’n nie-volhoubare manier van oordrag waar die virus aan die monddele of stilet van die witvlieg vasklou of net gedeeltelik in die insek se voedingsbuise opgaan voordat dit weer met speeksel oorgedra word aan die volgende plant.

Die Crinivirusse word deur beide witvliegspesies oorgedra op ’n semi-volhoubare manier en dit is baie moeilik om die simptome van mekaar te onderskei. Die virussiektes staan as yellows bekend en sluit BPYV (GHWV oordrag), CYSDV, CCYV en LIYV in waarvan die laaste drie almal deur die TWV oorgedra word. Opsommend is die yellows nie saad of meganies oordraagbaar nie, toon simptome eers 3 – 4 weke na infeksie en sluit tussenaarse vergeling van oudste of onderste blare eerste in terwyl are groen bly.

Die eerste simptome op die ouer blare is dikwels geel kolletjies gevolg deur geel kollerige verhewe areas wat saam smelt en groot bros verdikte gedeeltes vorm. Ouer blare krul afwaarts en simptome ontwikkel geleidelik ook op jonger blare. Die kroon vergeel eerste terwyl die rankers aanvanklik groen bly. Besmette plante groei swak en is dikwels verpot, afhangende van wanneer die infeksie plaasgevind het. Hoe jonger of vroeër in die plant se groeisiklus hoe ernstiger is die simptome. Die vrugset en kwaliteit verlaag, kleiner en minder vrugte word geoes wat swak smaak en ’n lae suiker inhoud kom voor.

Simptome is ook soortgelyk aan voedingstekorte of groei onder swak toestande en veroorsaak voortydige plantveroudering. Gunstige toestande vir simptoomontwikkeling is hoë ligintensiteit, dus baie sonskyn, tipies aan ons somers.

Chemiese beheer opsies sluit insekweerstandsklasse soos 3A Piretroïedes (aktiewe: bifentrin en lambda-sihalotrien), 4A Neonikotienoïede (aktiewe: acetamiprid, imidacloprid en thiamethoksam), 4C Sulfoxaflor, 4D Flupyradifurone, 9B Pymetrozine, 12A Diafenthiuron, 23 Spinotetramat en 28 Diamiede (aktiewe: chlorantraniliprole en cyantraniliprole) in. Daar is ook alternatiewelik twee nie-chemiese beheer opsies Beauvaria bassiana en Metarhizium buiten natuurlike voordelige insekte wat op witvlieg voed.

Maak altyd seker dat spuittoerusting reg gekalibreer is, die regte dosis neergesit word en die korrekte watervolume gespuit word. Lees altyd die etiket volledig. Wissel ook chemiese middels af om te voorkom dat weerstand ontwikkel of ’n verskuiwing in sensitiwiteit teen spesifieke groepe ontwikkel.

Dit is een van die moeilikste plae om te beheer en het reeds weerstand teen al die chemie groepe ontwikkel afhangend van die wêrelddeel. Pas onkruidbeheer toe, verwyder gewasreste en maak seker sanitasie word deurgans gedoen.

Vir verdere inligting kontak gerus ’n Laeveld Agrochem landboukundige, of vir Des van Heerden, Entomoloog by Syngenta 071 877 3204, desiree.van_heerden@syngenta.com

Lees meer oor gewasbeskerming (https://laeveld.co.za/gewasbeskerming)

syngenta
Northern Cape
Western Cape
Eastern Cape
Free State
Gauteng
North-West
Mpumalanga
Limpopo

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

[language-switcher]
We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.