Lees meer deur Bioco Crops
Gewasse en beurtkrag: Hoe verlig biostimulante die energiekrisis? (Bioco Crops)
Beurtkrag en klimaatsverandering plaas groot druk op gewasproduksie, aangesien abiotiese stres soos droogte, sout, hitte en voedingstekorte die energie-balans van plante ontwrig. Net soos beurtkrag veroorsaak dit dat plante hul energie moet herallokeer van groei na oorlewing, wat opbrengs en kwaliteit benadeel. Biostimulante bied ’n revolusionêre oplossing deur fotosintese te verbeter, anti-oksidant-aktiwiteit te verhoog, wortelgroei en osmotiese aanpassings te ondersteun en plante te “prime” teen toekomstige stres. Deur die regte kombinasie van tegnologie en navorsing kan produsente volhoubare produksie bevorder en gewasse meer veerkragtig maak, selfs onder “energieskaarste”-toestande.