Laeveld
Agrochem

Koolhidrate by wyndruiwe. Die toekoms? (Agri Technovation)

A part of: , ,

Dr. Elmi Lötze Hoof van ITEST™CARBOHYDRATES en ITEST™LEAF en

Christoff van der Westhuizen, Hortoloog

Plantstatus en koolhidrate

Die rol van nie-strukturele koolhidrate (suiker en stysel) in plantprestasie is alombekend in literatuur, ook wat betref wingerdbou (Martínez-Lüscher en Kurtural, 2021). Die toepassing van die inligting op plaasvlak is egter eers onlangs ontwikkel (2020). Agri Technovation het die voortou geneem met die ontwikkeling van ʼn kommersiële diens, ITEST™CARBOHYDRATES, wat produsente in staat stel om ook die fisiologiese status van die plant te monitor en daarop te reageer. Hierdie diens is nou kommersieel beskikbaar vir die wynbedryf.

Alhoewel die beginsels van koolhidraatvervaardiging, -vervoer en -storing dieselfde vir alle gewasse is, verskil die interpretasie en toepassing van die inligting tussen gewasse, fenologiese stadia, blokke en bestuurspraktyke. Dus is gewaskennis en ʼn goeie begrip van die spesifieke benadering en logistiek van individuele blokke en entiteite noodsaaklik om die koolhidraatverwante inligting volledig te integreer met plaaspraktyke. Dit laat die vooruitstrewende produsent toe om manipulasies verder te verfyn en te kwantifiseer vir optimale plantprestasie.

Plantstatus en koolhidrate

Die rol van nie-strukturele koolhidrate (suiker en stysel) in plantprestasie is alombekend in literatuur, ook wat betref wingerdbou (Martínez-Lüscher en Kurtural, 2021). Die toepassing van die inligting op plaasvlak is egter eers onlangs ontwikkel (2020). Agri Technovation het die voortou geneem met die ontwikkeling van ʼn kommersiële diens, ITEST™CARBOHYDRATES, wat produsente in staat stel om ook die fisiologiese status van die plant te monitor en daarop te reageer. Hierdie diens is nou kommersieel beskikbaar vir die wynbedryf.

Fokus by wyndruiwe

Die fokus in wyndruifproduksie is nie alleen opbrengs nie, maar ook die kwaliteit van die korrels wat suikerakkumulasie insluit (Howell, 2001). Die fokus op veral suikerakkumulasie en alkoholproduksie onderskei wyndruiwe van ander vrugtegewasse. Tydens die rypwording van druiwe word koolhidrate omgeskakel na suikers binne die druiwekorrels. Die suikerinhoud van die druiwe het ʼn direkte invloed op die potensiële alkoholinhoud van die finale gesogte produk – die wyn.

Die bestuur en manipulasie hiervan is al ver gevorderd met onder andere die terroir-konsep waar die grond en mikroklimaat alreeds met die variëteit en onderstok gekombineer word vir optimale gehalte (Jones and Davis, 2000). Die mite rakende lae oesladings en die toepassing van veral waterstres vir geur is weer eens onlangs aangespreek (Riffle et al. 2022). Die balans tussen ʼn groter blaredak en kwaliteit is hier van kardinale belang. Wortelvolume (diepte) lewer ʼn belangrike bydrae tot die potensiële blaredak en oeslading en kan met bestuursaksies vergroot word. Koolhidrate, saam met voeding, bepaal suksesvolle vrugset.

Verder is die blaararea:vrugmassa-verhouding nou verwant aan die hoeveelheid koolhidrate wat in die mos akkumuleer (Naor et al., 2002) en wynkwaliteit bepaal. Voorts is korrelspeen net voor deurslaan ook reeds verbind met ʼn koolhidraattekort (Domingos et al., 2016).

Fotosintese moet optimaal funksioneer – dus gesonde, blootgestelde blare – en fotosintaat (suiker) moet na die spesifieke sinke gedurende die betrokke fenologiese stadium vervoer word. Verder moet voldoende suikers beskikbaar wees vir die opbou van reserwes in die permanente strukture soos die takke, stam en wortels. Die wyndruifstok is afhanklik van reserwe koolhidrate gedurende die winter wanneer blare afwesig is. Koolhidrate speel ook ʼn rol om strestoestande soos droogte of ekstreme temperature te buffer, sowel as by wortelgesondheid. Daarom is die tydige aanvulling van reserwe koolhidrate, terwyl daar nog fotosinterende blare voorkom, noodsaaklik vir reserwebou vanaf mid-seisoen (CandolfiVasconcelos et al., 1994).

Snoeipraktyke in die winter verwyder lote en takke wat die reserwebron verder verklein vir die daaropvolgende lente en het ʼn effek op bestuurspraktyke daarna. ʼn Optimale koolhidraatstatus in die wortels dra by tot die vervaardiging van noodsaaklike sitokinien vir bogrondse ontwikkeling tydens bot. ʼn Koolhidraatontleding kan dus waardevolle inligting rakende die fisiologiese status van die plant verskaf om aksies soos snoei, waterstres en oeslading te bestuur. Dit gebeur op grond van die beginsels hier onder uiteengesit.

Die seisoenale variasie in die energiebehoefte van die plant word mooi geïllustreer deur die koolhidraatgrafiek in Figuur 1. ʼn Koolhidraatontleding op kritieke aksietye kan aandui of daar voldoende suiker en stysel teenwoordig is vir die normale ontwikkeling van die stok soos bot, set en vruggroei. ʼn Lae koolhidraatvlak kan aangespreek word deur die aanvulling van voedingselemente wat fotosintese verhoog, suikervervoer na sinke verhoog of die omskakeling van stysel na suiker fasiliteer.

Tans word bepaalde monstertye en weefsels (blaar/wortel) aanbeveel vir koolhidraatontledings vir kritieke aksies (Figuur 2).

Aan die einde van die winter, voor bot, kan wortel- en blaarkoolhidraatvlakke bydra tot die bepaling van die snoei-intensiteit, beplande oeslading en lentebemesting. Met die regte voedingsinsette kan die fotosintetiese kapasiteit van die stok betyds verhoog word om te voorsien in die koolhidraatbehoeftes van die plant gedurende die onderskeie ontwikkelingsfases tydens die seisoen. Lae koolhidraatvlakke as gevolg van ʼn hoë oeslading, pes- en plaagvoorkoms of ongunstige klimaatstoestande, sal nie alleen die huidige oes beïnvloed nie, maar ook dié van die volgende seisoen.

Met ʼn koolhidraatontleding kan die effek van die faktore gekwantifiseer en bestuur word. Hierdie koolhidraatontledings word by die Agri Technovation laboratorium in Wellington gedoen en kan gereël word deur jou naaste LAC- of Agri Technovation-kontakpersoon.

GRAPE-TO-GROWTM Reg. nr. K9738; FLAMMA™ Reg. nr. M32; P PHLOEM™ Reg. in proses. TRY ME™ Reg. nr: K9552; ZINC PHLOEM™ Reg. nr: B5734; K PHLOEM ™ Reg. nr: K11036.

Verwysings:

1. Archer, E. 1981. Fisiologie van die Wingerdstok. Wingerdbou in Suid Afrika. VORI, Private Bag X 5026.

2. Candolfi-Vasconcelos et al. 1994. Retranslocation of carbon reserves from the woody storage tissues into the fruit as a response to defoliation stress during the ripening period in Vitis vinifera L. Planta 192, 567–573.

3. Domingos et al. 2016. Shared and divergent pathways for flower abscission are triggered by gibberellic acid and carbon starvation in seedless Vitis vinifera L. BMC Plant Biol. 16:38.

4. Howell, G. S. 2001. Sustainable grape productivity and the growth-yield relationship: A review. Am J Enol Vitic 52.3: 165-174.

5. Martínez-Lüscher en Kurtural. 2021. Same season and carry-over effects of source-sink adjustments on grapevine yields and non-structural carbohydrates. Front Plant Sci 12:695319.

6. Naor et al. 2002. Shoot and cluster thinning influence vegetative growth, fruit yield, and wine quality of ‘Sauvignon blanc’ grapevines. J Am Soc Hortic Sci 127, 628–634.

7. Jones and Davis. 2000. Climate influences on grapevine phenology, grape composition, and wine production and quality for Bordeaux, France. Am J Enol Vitic 51.3: 249-261.

8. Riffle et al. 2022. Vine age affects vine performance, grape and wine chemical and sensory composition of cv. Zinfandel from California. Am J Enol Vitic 73:4.

Northern Cape
Western Cape
Eastern Cape
Free State
Gauteng
North-West
Mpumalanga
Limpopo

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

[language-switcher]
We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.