Die uitdagende afgelope paar jare vir veral vrugteboere het dit duidelik gemaak dat presisieboerdery en data vir beter besluitneming integraal is tot die volhoubare winsgewendheid van ʼn boerdery.
Die dinamiese aspek van landbou asook die feit dat boorde en lande nie homogeen is in terme van grond nie (byvoorbeeld verskille in fisiese beperkings, voghouvermoë, chemiese samestelling, ens.), verg dat produsente wat hul toespits op presisieboerdery en die beste en mees optimale opbrengs najaag, met ʼn baie fyner oog na variasie in produksie en opbrengs moet kyk, as slegs die gemiddelde produksie per blok.
Alhoewel opbrengskaarte reeds vir baie jare ʼn gegewe tegnologie is waarsonder ʼn graanprodusent vandag nie meer winsgewend kan boer nie, was dieselfde tegnologie nooit beskikbaar vir presisieboerdery in boordgewasse nie, wat ʼn groot leemte gelaat het. Met die ontwikkeling van PICKLOGGER™ egter, is die krag van opbrengskaarte nou ook in die hande van vrugte- en groenteprodusente.
PICKLOGGER™ is ʼn GPS-toestel wat op enige plukskêr gemonteer kan word. Die geografiese data van elke vrug-/groentegewas word vasgelê op die tydstip wanneer dit gepluk word om die verspreiding daarvan in die boord aan te dui.
Die data kan dan vertoon word as verspreiding om so aan te dui waar die beter en swakker kolle in ʼn boord is, en kan ook versoen word met pakhuisdata vir die blok, ten einde ʼn ton/ha-kaart te produseer. ʼn Verdere toepassing van die data is om areas op ʼn plaas of binne ʼn boord aan te dui wat vroeër of later ge-oes is, hetsy as gevolg van kleur of interne ontwikkeling.
PICKLOGGER™ is al vyf jaar operasioneel met meer as 5 000 toestelle in gebruik. Om die waarde wat die toestel bied te illustreer, word twee gevallestudies hier onder gelys.
Gevallestudie 1
Gevallestudie 1 behels ʼn 5 ha-Nova blok waar die spesifieke kliënt reeds vier seisoene se PICKLOGGER™-data gehad het. Dit is duidelik merkbaar dat intervensies en aksies stelselmatig die algehele produksie van die boord sowel as die variasie in die boord, verbeter het. Die % van laer-produserende areas binne die boord verminder ook elke jaar.
Gevallestudie 2
Geïntegreerd met verdere presisielandboudata soos MYSOIL CLASSIFICATION™, ITEST™SOIL en ITEST™LEAF, kom die data wat PICKLOGGER™ bied tot sy volle reg. Hierdie geïntegreerde data bied aan die produsent waardevolle inligting wat in oorleg met die insette van ʼn landboukundige, aangespreek kan word om so die langtermynproduksie en winsgewendheid van boorde stelselmatig te verbeter.
Die produksie in ʼn Star Ruby-boord oor vier seisoene is in detail ontleed en vergelyk met die verspreiding van grondtipes in die boord. Tradisioneel sou die produsent waarskynlik na die produksiedata gekyk het en tevrede gewees het met ʼn gemiddelde langtermynopbrengs van 50 t/ha. Uit die studie blyk dit egter duidelik dat die kultivar veel swakker op sekere grondtipes presteer teenoor ander (Figuur 1). Dit stel die produsent in staat om met die hulp en insette van ʼn ervare landboukundige, te besluit oor die nodige aksies wat geloods kan word op die swakker kolle en watter aanpassings op bestuurspraktyke gedoen kan word.
Die langtermynpotensiaal van die verskillende aksies kan ook teenoor die kostes daarvan opgeweeg word. Sonder die PICKLOGGER™-data sou sodanige evaluasie en voortvloeiende aksies nie moontlik wees nie.
Met die beskikbaarheid van grondchemie-data en die integrering daarvan met PICKLOGGER™-oesdata, is dit ook moontlik om die impak van makro- en mikro-elementvlakke op opbrengs (en hoe dit verskil van grondtipe tot grondtipe) te identifiseer en te evalueer. Programme, produkte, toedienings en praktyke kan dan dienooreenkomstig aangepas word om sodoende die produksie van die boord deur middel van presisie-ontledings te verbeter.
Met verwysing na dieselfde Star Ruby-boord, word bogenoemde geïllustreer in Figure 2 en 3, waar die verskil in opbrengs by verskillende grondtipes en variërende Element x-vlakke aangedui word. Die impak van Element x-vlakke onder verskillende omstandighede en grondtipes is kragtige data wat ʼn wesenlike verskil kan maak in boerderypraktyke, en natuurlik, winsgewendheid. Hierdie tipe ontledings en geleenthede vir presiese-aksies is slegs moontlik met die gedetailleerde data wat PICKLOGGER™ ontsluit.
As verdere voorbeeld van die toepassing van PICKLOGGER™-data, stel Figuur 4 ʼn vergelyking voor van langtermynoesdata op dieselfde plaas en dieselfde kultivar (Star Ruby), maar hierdie keer met verskillende onderstamme op verskillende grondtipes. Die data wys variasie in produksie tussen Star Ruby op X en Y op verskillende grondtipes.
Figuur 4: Vergelyking van langtermynoesdata met verwysing na Y en X onderstamme en verskillende grondtipes.
Tradisioneel was dit moontlik en relatief maklik om blokke wat op verskillende onderstamme is te vergelyk, maar die data wat PICKLOGGER™ ontsluit stel die produsent in staat om die produksie van verskillende kultivar- en onderstamkombinasies baie akkuraat te vergelyk met verskillende grondtipes en grondeienskappe – iets wat nie voorheen moontlik was nie.
Verder kan die impak van grondchemiese eienskappe op produksie ook geëvalueer en vergelyk word.
Hierdie waardevolle inligting kan gebruik word om bestaande bestuurspraktyke aan te pas en/of vir toekomstige uitbreidings en ontwikkelings.
Ten slotte
Die bostaande voorbeelde is enkele gevalle om die krag en moontlikhede van PICKLOGGER™-data ten toon te stel. Die potensiaal wat dit bied vir beter besluitneming en bestuur hou egter nog meer waarde. PICKLOGGER™-data sal enige produsent wat ingestel is op presisieboerdery en om meer winsgewend en volhoubaar te boer, in staat stel om nog meer geleenthede te ontsluit. Die tegnologie en gebruik van PICKLOGGER™ vereis geen spesiale aksies of veranderinge aan praktyke nie – dit voeg bloot verdere waarde toe deur aan te haak by ʼn bestaande praktyk – die oes van vrugte-/groentegewasse.
PICKLOGGER™ is die laaste stukkie van die legkaart vir presisieboerderypraktyke in boordgewasse, en vorm ʼn integrale deel van besluitneming om meer winsgewend te boer. Met die implementering en gebruik van PICKLOGGER™, word ʼn hele nuwe wêreld van data vir presisieboerdery beskikbaar gestel.