Meer artikels deur Riaan Maartens
Chemiese onkruidbeheer in sitrus
Chemiese onkruidbeheer speel 'n kritieke rol in sitrusproduksie, aangesien onkruide aggressief kompeteer vir water, voedingstowwe en lig, wat opbrengs en vruggrootte negatief kan beïnvloed. Veral in jong boorde kan swak beheer die ontwikkeling van bome vertraag en produksie uitstel. Effektiewe beheer vereis egter meer as net die regte produk: goed-onderhoude en -gekalibreerde spuittoerusting is noodsaaklik om optimale resultate te verseker en omgewingsrisiko's te beperk.