Laeveld
Agrochem

Peste kan ʼn “beach” wees… maar beheer moet presies wees (Enviro Biochem)

PDF documentPDF dokument

Onder Suid-Afrikaanse toestande, waar temperature en seisoene dikwels ideaal is vir vinnige plaagontwikkeling, bly Lepidoptera-larwes een van die grootste oorsake van opbrengsverliese in rygewasse, groente en boomgewasse. Spesies soos herfskommandowurm, bolwurms en ander ruspes kan binne ʼn kort tyd groot skade aanrig en gewasontwikkeling ernstig benadeel.

Doeltreffende beheer vereis daarom meer as net tydige toediening, dit vra ook produkte met betroubare werking en eienskappe wat pas by moderne produksiestelsels.

Die biologie van die probleem

Lepidoptera-larwes bied unieke uitdagings vir beheer:

  • Hulle voed aktief en veroorsaak direkte skade aan blare en reproduktiewe strukture.
  • Hulle kom dikwels voor in beskermde groeipunte of digte blaarmassas.
  • Baie populasies toon reeds verminderde sensitiwiteit teenoor konvensionele chemiese groepe.

Hierdie eienskappe beklemtoon die behoefte aan produkte wat deur die plant opgeneem word om tydens voeding deur die plaag ingeneem te kan word.

Tarpinon – ’n doelgerigte benadering tot larwale beheer

Tarpinon 50 WG bevat emamektien bensoaad (IRAC Groep 6) en is geformuleer as ʼn wateroplosbare korrel vir die beheer van Lepidoptera-larwes.

Die produk het translaminêre eienskappe, wat beteken dit beweeg deur die blaaroppervlak en versprei binne die blaarweefsel.

Dit verseker dat die aktiewe bestanddeel beskikbaar is waar larwes voed, en bevorder konsekwente opname tydens voedingsaktiwiteit.

Belangrike eienskappe

  • Translaminêre beweging tot binne in blaarweefsel.
  • Werking deur maagaksie.
  • Teiken die insek se senuweestelsel.
  • Geskik vir programme waar betroubare larwale beheer nodig is.

Hierdie werkswyse ontwrig die normale werking van larwes se senuweestelsels, wat hulle vermoë om te voed en te ontwikkel beperk.

Rol in weerstandsbestuur

Weerstand teen insekdoders is ʼn toenemende realiteit in Suid-Afrika, en dit maak die keuse van produkte al hoe belangriker.

Tarpinon bied waarde in weerstandsbestuur omdat dit:

  • ʼn Alternatiewe chemiese groep bied vir die beheer van Lepidoptera-peste (IRAC Groep 6 - Avermektiene); en
  • Effektief bly teen populasies wat weerstand opgebou het teen Karbamate (IRAC Groep 1A), Organofosfate (IRAC Groep 1B) en Piretroïede (IRAC Groep 3).

Die gebruik van Tarpinon 50 WG as deel van ʼn rotasieprogram help daarom om die volhoubaarheid van chemiese beheer te beskerm.

Praktiese toepassing in die veld

Die suksesvolle gebruik van Tarpinon hang grootliks af van tydsberekening en goeie toedieningspraktyke.

Tydsberekening

Die beste resultate word verkry wanneer toediening plaasvind:

  • op vroeë larfstadiums (L1–L2);
  • tydens aktiewe voeding; en
  • voor betekenisvolle gewasskade ontwikkel.

Vroeë beheer help om plaagpopulasies te stabiliseer en om die ontwikkeling van verdere generasies te beperk.

Spuitpraktyk

Doeltreffende toedieningspraktyke bly krities:

  • Gebruik voldoende watervolumes vir egalige bedekking.
  • Verseker penetrasie in digte blaarmassas.
  • Pas waterkwaliteit (pH/hardheid) aan waar nodig.

Programplasing en weerstandsbestuur

Tarpinon moet strategies gebruik word:

  • Wissel toedienings af met produkte uit ander IRAC-groepe.
  • Vermy herhaalde toedienings met Groep 6-produkte.
  • Moet nie Tarpinon saam met abamektiengebaseerde produkte gebruik nie.

Gevolgtrekking

Peste kan maklik ʼn “beach” wees – frustrerend, onvoorspelbaar en duur. Maar met die regte gereedskap en strategie hoef dit nie so te bly nie. Tarpinon 50 WG bied:

  • ʼn Betroubare oplossing vir Lepidoptera-beheer.
  • ʼn Belangrike hulpmiddel in weerstandsbestuur.
  • Konsekwente beheer oor verskillende gewasse en toestande.

Die gevolg is dat jy minder tyd spandeer om peste te bestuur… en meer tyd kan hê om te droom oor daardie volgende Mauritius-vakansie.

TARPINON 50 WG – Reg. nr. L11338, Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Emamektien bensoaat – 50 g/kg. IRAC INSEKDODER GROEPKODE: 6. Registrasiehouer: Enviro Bio-Chem (Pty) Ltd. Maatskappy Reg. nr. CK2013/194774/07. T: 012 006 0063 | 072 678 8226. E: robbyp@envirobiochem.co.za.

Effektiewe beheer van Lepidoptera-larwes

Tweeledige beskerming teen Lepidoptera-larwes (Philagro)

Wanneer produsente oor en oor dieselfde plaagdodergroep gebruik, begin die oorlewendes die spel verander. Só bou weerstand stilweg op totdat betroubare beheer skielik nie meer so betroubaar is nie. Juis daarom word 'n slim, afwisselende strategie teen Lepidoptera-larwes al belangriker. Hier kom twee uiteenlopende meganismes bymekaar: 'n hoogs spesifieke biologiese oplossing wat larwes van binne af tref, en 'n unieke chemiese opsie met translaminêre werking wat ook die onderkant van blare beskerm. Voeg daarby die voordeel van sagter impak op nuttige insekte, en die waarde van hierdie benadering raak duidelik.

More articles by Enviro Biochem

Hou jou groen goud skoon: Onkruidbeheer in lusernweidings (Enviro Biochem)

Lusern is goud werd, maar onkruid kan dié winsgewende weiding vinnig onder druk plaas. Van aggressiewe breedblaaronkruide en eenjarige grasse tot opbrengsverliese, swakker voerkwaliteit en duur herstelwerk later in die seisoen, die risiko is groter as wat baie produsente besef. Tog lê die verskil tussen 'n digte, produktiewe stand en 'n sukkelende land dikwels in tydige ingryping en volgehoue bestuur. Met die regte beheerstrategie op die regte groeistadium kan produsente hul lusern se voedingswaarde, volhoubaarheid en winsgewendheid beskerm.

Meer artikels oor gewasbeskerming

Weerstand teen insekdoders

Weerstand teen insekdoders ontstaan nie oornag nie; dit bou stilweg op deur herhaalde blootstelling, swak toediening, verkeerde afwisseling en selfs watergehalte wat misgekyk word. Teen die tyd dat beheer sigbaar begin faal, is die probleem dikwels reeds diep gewortel. Waarom oorleef sommige insekte? Hoe verskil weerstand van 'n verskuiwing in sensitiwiteit? Watter praktyke kan produsente vandag toepas om môre se groter verliese te voorkom? Van IRAC-groepe en tenkmengsels tot monitering, ekonomiese drempels en geïntegreerde plaagbeheer, dit is 'n nugtere, noodsaaklike blik op een van die grootste bedreigings vir volhoubare gewasbeskerming.

Hierdie artikel is deel van

GROEI Tydskrif

Uitgawe 32: 2026 Winter

Kry die volledige PDF

More than 140 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

landbouSAKE is ’n segment van die gewilde televisieprogram ontbytSAKE wat met trots geborg word deur Laeveld Agrochem.

Die segment fokus op gesprekke met landboukundiges, belangrike nuus, tendense en praktiese raad vir boere en ander rolspelers in die landbousektor.

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.