Die gewone snywurm (Agrotis segetum) is ‘n pes op mielies wat al hoe meer produsente met hul hande in hul hare laat. Dit blyk of daar nie effektiewe oplossings is om dié pes se getalle in bedwang te hou nie.
Ontmasker die skelm wat snags tussen ons mielies rondkruip
Die snywurm is ‘n lid van die Noctuidae-familie van Lepidoptera (motte en skoenlapper orde) en ontwikkel dus van eier na larf na papie en volwasse mot.
Die eerste motte verskyn gewoonlik teen die middel van Augustus en die wyfies vlieg snags rond op soek na geskikte materiaal om eiers in te lê. Winteronkruid en opslagplante is ‘n ideale teiken indien dit beskikbaar is en gee die larwes genoeg voeding om verder te ontwikkel.
‘n Enkele wyfie kan’n magdom eiers op die grond en plante lê en hierdie eiers neem ongeveer sewe dae om uit te broei.
Wanneer die larwes nog klein is, voed hulle bo-op die grond, maar na hul tweede vervelling beweeg hulle onder die grond in en kom net snags uit om te voed. Oor ‘n tydperk van omtrent twee weke ontwikkel die larwes tot papies. Die tweede vlug van motte vind aan die einde van Oktober plaas. Hierdie is die generasie motte wat ‘n gasheer soek en vir wie ons mielie-aanplantings ‘n smaaklike opsie is.
Gevegsplan
Sonder voorsorgmaatreëls kan ons nie die stryd teen snywurms wen nie, en daarom is winterbewerking en onkruidbeheer noodsaaklik.
- Winterbewerking en onkruidbeheer (ten minste 35 dae voor plant) ontneem die motte van beide voedsel en plekke om eiers te lê.
- Die meganiese bewerkingsaksie beseer die papies en larwes wat reeds in die grond teenwoordig is en verminder hulle kanse om uit te broei of te oorleef drasties, veral in Augustus en September.
- Die bewerking kan ook larwes en volwassenes na die oppervlak bring waar hulle maklike teikens word vir tarentale, predatoriese insekte en ander voëls.
- Sonder ‘n bogrondse voedselbron sal die larwes wat in die grond is uithonger en dit verhoed dat die volgende geslag ontwikkel om mielies te teiken.
- Winterbewerking en onkruidbeheer is verder noodsaaklik om populasie-opbou te voorkom en verdere beheerpogings makliker en meer suksesvol te maak.
- Aangesien die motte van plaas tot plaas kan vlieg, is dit belangrik dat aangrensende plase dieselfde beginsels vir effektiewe beheer toepas.
Indien dit nie moontlik is om hierdie maatreëls te volg nie, moet ‘n gifaas gestrooi word voor of met plant om getalle af te bring. Siende dat die larwes mielies bo die aas verkies, moet die aas toegedien word voor die mielies opkom.
Ons geheime wapen … KARATE ZEON® 10 CS
Met plant kan ons ons geheime wapen ontplooi: KARATE ZEON® 10 CS, ‘n sintetiese piretroïed met ‘n vinnige uitklopaksie en unieke formulasie. Vir toedienings om so effektief moontlik te wees, moet ons die produk verstaan.
- KARATE ZEON® 10 CS is ʼn kontakmiddel. Die aktief dring die larf se wasagtige huidlaag vinnig binne en ontwrig die senuweestelsel. Natriumvrystelling word belemmer en spiersametrekkings kom voor, gevolg deur disoriëntering. Die larf hou op voed, waarna eers verlamming en dan dood intree.
- Gewoonlik breek piretroïedes vinnig af onder UV-bestraling. KARATE ZEON® 10 CS het egter ‘n ingeboude sonskerm wat dit teen UV-bestraling beskerm, terwyl die geënkapsuleerde tegnologie die aktiewe bestanddeel word deur baie klein polimeerkapsules omsluit – verseker dat die aktief stadiger afbreek.
- Die produk beskik ook oor ‘n anti-voeding en afwerende eienskap wat motte verhinder om eiers te lê en die verdere voeding van larwes, veral jongelinge wat snags en bedags bogronds voed, beperk.
- Die produk is stabiel in water met ‘n suur en neutrale pH, en lewer beter werking teen laer temperature as gevolg van die natuurlike werking in fisiologiese sisteme. Dit is reënvas na afdroging.
Gebruik die regte ammunisie
Vir goeie werking is dit uiters belangrik om die KARATE ZEON® 10 CS produketiket deeglik deur te lees en al die voorskrifte na te kom:
- Grond moet goed voorberei word en sonder kluite en oortollige plantreste wees wat as skuilplek vir die wurms kan dien en kontak met die produk verhoed.
- Dien SLEGS toe wanneer die boonste 3 cm van die grond vogtig is. Vogtige bogrond verseker dat die snywurms saans na die oppervlak sal beweeg en sodoende in aanraking kom met die produk.
- Onder minimum bewerkingspraktyke is snywurmgetalle gewoonlik hoog. In sulke situasies moet die snywurmpopulasie na die eerste bespuiting gemonitor word. Indien nodig moet ‘n opvolgbespuiting toegedien word. Gebruik KARATE ZEON® 10 CS as ‘n algehele korrektiewe toediening teen die aanbevole dosis.
Toerusting moet ook gekalibreer wees en die regte watervolume moet neergesit word teen die korrekte pH. Water moet skoon wees. Neem ook in ag dat verskeie faktore die verwagte beheer kan beïnvloed. Dit sluit in hoë temperature, wolklose sonskyndae, winde wat die bogrond wegwaai, onbeskermde produkte wat bo-op die grond lê, lae vog in die grond, buitensporige hoë snywurmpopulasies en lande wat vol onkruid is voor plant.
Chemiese middels moet net gebruik word waarvoor hulle ontwerp is. Indien ons die regte aanvalsplan volg, staan die vyand geen kans nie.
LEES DIE ETIKET VAN ELKE PRODUK VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE
KARATE ZEON® 10 CS bevat lambdasihalotrien (Reg. Nr. L9023, Wet Nr. 36 van 1947). SKADELIK. KARATE ZEON® 10CS is ’n geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel: 011 541 4000. ©Syngenta Ag, 2000. Alle ongemagtigde reproduksie word verbied.