Bacillus thuringiensis (Bt) as ʼn biologiese insekdoder, berus op die werking van Cry-proteïene en spore. Cry-proteïene wat deur die bakterie vervaardig word, perforeer die teikenlarf se ingewande wat lei tot geweldige intestinale skade. Larwes wat Bt ingeneem het, staak voeding binne minute. Sporulasie van Bt-spore en besmetting deur ander mikrobes binne die geperforeerde ingewande, lei tot mortaliteit.
Soos met enige insekplaagbeheerstrategie, is effektiewe weerstandsbestuur kardinaal in die gebruik van Bt-produkte. Weerstand ontwikkel a.g.v. individue binne die teikeninsek-populasie wat oor weerstandsgene teen die werking van Cry-toksienes beskik, en dit oordra na opvolg- generasies.
Verskillende Bt-subspesies produseer ooreenstemmende, maar ook verskillende tipes Cry-proteïene. Tipes en konsentrasies van Cry-proteïene is afhanklik van die genetiese potensiaal waaroor verskillende rasse van spesies en subspesies beskik.
Bt kurstaki-subspesies (bv. DiPel® DF) produseer Cry1Aa, Cry1Ab, Cry1Ac en Cry2Aa. Florbac® WG (Bt aizawai) verskil van DiPel® DF in dié opsig dat Florbac® WG Cry1Ca en Cry1Da produseer wat nie in DiPel® DF voorkom nie. Deur beide subspesies in ʼn spuit- program te posisioneer, word ʼn uitstekende weerstandstrategie geïmplementeer.
Philagro SA bied toegang tot DiPel® DF (Bt kurstaki) en Florbac® WG (Bt aizawai) wat effektiwiteit en weerstandsbestuur promoveer. Maak Florbac® WG deel van die insek- plaagbeheerspuitprogram om die voordele van die aizawai-subspesie te ontsluit.
Kontak gerus jou naaste Philagro-agent vir verdere inligting of kontak die produkbestuurder, Jaco Marais by 072 390 3547.

RAADPLEEG DIE VOLLEDIGE ONDERSKEIE ETIKETTE VOOR GEBRUIK.
DiPel® DF (Reg. nr. L6441 Wet nr. 36 van 1947) bevat 32 000 IE/mg Bacillus thuringiensis var kurstaki. Hierdie produk is nie geklassifiseer as gevaarlik volgens GHS nie. Florbac® WG (Reg. nr. L5531, Wet nr. 36 van 1947) bevat 15 000 IE/mg Bacillus thuringiensis var aizawai. Waarskuwing: Veroorsaak ernstige oogirritasie. Skadelik vir waterlewende organismes. Florbac® WG en DiPel® DF is die geregistreerde handelsmerke van Valent BioSciences, VSA. Philagro Suid-Afrika.
PostNet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040. Pretoria: 012 348 8808 l Somerset-Wes: 021 851 4163.