SumiPleo® word reeds wyd vertrou as effektiewe alternatiewe chemie vir weerstandsbestuur van Lepidoptera-plae in S.A. Beheer van aartappelmot en Tuta absoluta in aartappels, Afrikabolwurm en T. absoluta in tamaties, ruitrugmot in koolgewasse asook Afrikabolwurm in blaarslaaisoorte, is geregistreer.
Registrasie vir die beheer van herfskommandowurm (Spodoptera frugiperda), ’n indringerplaag op mielies en suikermielies, is ook nou beskikbaar. ’n SumiPleo®-spuitprogram, geteiken teen aartappelmot en tamatieblaarmyner op aartappels, sal ʼn vermindering in skade vanaf Liriomyza huidobrensis en L. trifolii tot gevolg hê. Met SumiPleo® in ʼn spuitprogram teen Afrika-bolwurm en tamatieblaarmyner op tamaties, kan ʼn vermindering in skade vanaf L. trifolii en Chrysodeixis acuta verwag word.
VERSTANDIGE KEUSE
- ʼn Unieke chemiese molekuul (dichloropropeen-derivaat), met ’n nuut geïdentifiseerde metode van werking wat nie met enige ander bestaande aktiewe bestanddeel gedeel word nie. Geen kruisweerstand met ander chemiese groepe is tans bekend nie.
- ’n Kontak- en maaginsekdoder in ’n emulgeerbare konsentraat-formulasie.
- SumiPleo® is aktief teen alle larvale instars. Kort ná inname (3 tot 4 uur) hou teikenlarwes op om te vreet.
- Dit het byna geen nadelige impak op voordelige organismes soos roofmyte, wespes, voordelige kewers, erdwurms of bestuiwers soos bye nie.
- ’n Kort onthoudingstydperk van 3 dae by tamaties beteken volgehoue kapasiteit om beskerming teen teikeninsekte te bied.
- SumiPleo® benodig nie bykomende bevorderings- of kleefmiddels nie. Dit het uitstekende reënvastheidvermoë sodra die spuitmengsel op die teikenplant droog geword het.
- SumiPleo® is ideaal vir gebruik in geïntegreerde plaagbeheerstrategieë. DiPel® DF en FlorBac® WG, Philagro SA se uitstaande Bacillus thuringiensis-aanbiedings, maak uitstekende biologiese vennote met die gebruik van SumiPleo®.
Vir meer inligting oor SumiPleo®, gesels vandag nog met jou naaste Philagro-agent of produkbestuurder, Jaco Marais – 072 390 3547.
RAADPLEEG DIE VOLLEDIGE ONDERSKEIE ETIKETTE VOOR GEBRUIK.
DiPel® DF (Reg. nr. L6441 Wet nr. 36 van 1947) bevat 32 000 IE/mg Bacillus thuringiensis var kurstaki. DiPel® DF is nie geklassifiseer as gevaarlik volgens GHS nie. Florbac® WG (Reg. nr. L5531 Wet nr. 36 van 1947) bevat 15 000 IE/mg Bacillus thuringiensis var aizawai. Waarskuwing: Veroorsaak ernstige oogirritasie. Skadelik vir waterlewende organismes. SumiPleo® (Reg. Nr. L8377 Wet Nr. 36 van 1947) bevat 500 g/L piridaliel dichlorpropeen-derivaat. Waarskuwing: Gevaar. Mag dodelik wees indien ingesluk en in lugweg beland (aspirasiegevaar). Mag allergiese velreaksie veroorsaak. Veroorsaak oogirritasie. Mag slaperigheid of duiseligheid veroorsaak. Baie giftig vir waterlewende organismes met langdurige gevolge. DiPel® en FlorBac® is geregistreerde handelsmerke van Valent BioSciences, Libertyville, VSA. SumiPleo® is ʼn geregistreerde handelsmerk van Sumitomo Chemical Company, Tokyo, Japan. Philagro Suid-Afrika. PostNet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040. Pretoria: 012 348 8808 l Somerset-Wes: 021 851 4163.